Puk-student sterf ná besoek aan rolprentfees

Hoofgebou by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit Foto: Maryke Laas, NWU

Hoofgebou by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit Foto: Maryke Laas, NWU

ʼn Vierdejaar-student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is Saterdag dood nadat hy by ʼn bushalte deur ʼn voertuig raakgery is.

Johan van Zyl, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media gesê die student was vanaf Kaapstad op pad terug na Potchefstroom, toe hy by die bushalte in Kaapstad raakgery is. Hy is op slag dood.

“Die student was deel van ’n NWU-groep wat die kykNET-Silwerskermfees bygewoon het. Sy ouers woon in Katar en is tans op pad Suid-Afrika toe. Almal is nog erg geskok oor die ongeluk,” het Van Zyl gesê.

Die Silwerskermfees is vanjaar van 24 tot 27 Augustus in Kampsbaai in Kaapstad aangebied.

Van Zyl het gesê die student, wat grafiese ontwerp studeer, se naam kan nie bekendgemaak word voordat sy liggaam amptelik uitgeken is nie.

Volgens Van Zyl het prof. Fika Janse van Rensburg, die NWU-rektor, sy medelye teenoor die student se ouers en vriende uitgespreek. “Die NWU sal die student se ouers bystaan met onder meer verblyf,” het Van Zyl gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Drieks ·

Pad reels is duidelik vir bus stop. En nou is hierdie kind dood “dink ek” omdat iemand nie pad reéls na gekom het nie. So jammer vir sy geliefdes.

Cherokee ·

‘iemand’ het jy gesê. Wees versigtig met jou iemande want jy weet nie watter kant van die lyn die ‘iemand’ was nie. Nie een van die lesers weet nie, so loop op eiers met kommentare.

Cherokee ·

Dankie, dit was vriendelik van jou. Ek raak verdomp suur oor die straatnaam-veranderings sodat ons nie weet van watter buurt gepraat word nie. (Koeweit is in distrik 6 nè?)
Hô…bly kalm Willem, sit op jou stoel, dit was net ‘n grappie. Een van my bevraagtekende grappies (dais wat Maroela & kie nie like nie) maar steeds met ‘n smile. Jou byvoeging word waardeer.

Wat-ek-lees ·

Ai, nóg ‘n slegte tyding vir NWU. Sterkte aan die betrokkenes.

Cherokee ·

Dit is Piet Snot. Daar is mense wat snot en trane huil en moet asseblief nie my ways om dinge ligter te laat lyk as respekloos beskou nie. Dit is miskien te wyte aan die feit dat ons in ‘n harde land woon waar dinge weggepraat word om in ‘n kammaland te woon maar hartseer word altyd met die nodige respek bejeen.

KarooKlong ·

Medelye met sy familie. Dit kan nie ‘n aangename reis wees om so ver te reis om jou oorlede kind te kom haal nie?

Molly Manser ·

Dit is vir my hartseer dat so ‘n jong persoon op hierdie manier beëindig word. Dink met deernis aan die verlies van die ouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.