Potch-student sterf: ‘Ons gaan jou mis, engel!’

Elmien Fourie (Foto verskaf aan Maroela Media)

Elmien Fourie (20) van Musina in Limpopo is Maandagmiddag oorlede nadat sy vroeër vandeesmaand in ʼn hospitaal opgeneem is en met serebrale malaria gediagnoseer is.

Elmien en haar ouers, Manie en Natasja Fourie, was oor die feestyd in Evander in Mpumalanga om by haar broer, Jaco, te kuier toe Elmien op Oujaarsdag in die Evander-staatshospitaal opgeneem is.

Maroela Media het vroeër berig Elmien het nóg ʼn terugslag gehad – enkele dae nadat die gesin hulle voorberei het op haar terugkeer huis toe.

Die Potchefstroomse student is aanvanklik behandel vir dehidrasie, longontsteking en blaas- en urienweginfeksie, maar ʼn span dokters het die gesin verlede week ingelig dat sy ʼn lewensgevaarlike bakteriese infeksie opgedoen het wat haar hart aantas en potensieel na die res van haar liggaam kan versprei. Die span dokters het gesê antibiotika sou nie die bakterie kon vernietig nie en ʼn opehartoperasie – waar dit as’t ware met die hand weggeskraap word – sou die enigste uitweg wees vir haar om volkome te herstel.

Die operasie sou vandag plaasgevind het.

Elmien is Maandagmiddag omstreeks 14:30 oorlede.

“Sy is toe nie geopereer nie,” het Manie aan Maroela Media gesê. “Sy het deur die nag ʼn terugslag gehad en was bewusteloos. ʼn CT- [rekenaartomografie]-skandering het gewys dat sy hewige bloeding op die brein het. Die skade wat gedoen is, was te groot dat enige operasie sou kon help. Haar bloeddruk het geleidelik verswak totdat haar swak hart om 14:30 gaan staan het. Sy het nie gely nie. Ons het darem kans gehad om afskeid te neem.”

Manie het almal bedank wat vir “Miena” omgegee het. “Ons gaan jou mis Angel – nou het jy vlerkies gekry!”

Elmien sou vanjaar haar studies voortsit.

Lees alle vorige berigte oor Elmien Fourie op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Nonnie ·

Baie sterkte aan die ouers en familie in die moeilike tyd.

Hannelie ·

Here vertroos hierdie gesin. So jammer om te hoor, ons almal het gebid, maar God weet.

Rikag ·

Sterkte aan die familie mag die Liewe Vader sy hand oor julle hou.

Mel ·

Dis verskriklik hartseer, baie sterkte aan haar familie ? RIV Elmien

Landie ·

Dit is so, so hartseer. So n pragtige jong meisie!!! Sterkte vir haar mamma en pappa en almal vir wie sy spesiaal was!!!!

Andrea ·

Pragtige jong meisie, só bitter jammer vir jou, jou vriende en familie. Mag die Here jou geliefdes dra deur hierdie swaar tyd. Ek kan nie amders om te dink dat hier ook weer n ‘hospitaalkiem’ betrokke is nie. Vriend van ons is sterwend in n privaat hospitaal agv daarvan, n vriendin se pa is vier keer geopereer na kniegvervanging om telkens infeksie se skade te probeer ongedaan maak.

Nettie ·

Na my ma se onlangse ervaring in Medi-Clinic Worcester, met ‘n laparotomie-wond wat ‘n abses ontwikkel het, wonder ek ook oor higiene in hospitale. My ma het dikwels gekla van verpleegpersoneel wat nie hul hande gewas het voor hulle met haar gewerk het nie en wat na rook gestink het. Sies! Ga! Watter siek mens wil nou gehelp word deur iemand wat in kom in jou kamer (en wie weet waar laas gekrap of gevat het) sonder om hande te was en met ‘n rook-asem oorweldig word?

Elisabeth Teir ·

My innige simpatie aan haar ouers, boer en familie.

Carla ·

Dis verskriklik hartseer. Woorde het ek nie. Sterkte aan die familie. Rus in vrede pragtige Elmien :-(

Sb ·

My innige meegevoel met haar gesin! Sy het voorwaar hard baklei. Sterkte!!!

Ada ·

Ai ek is so jammer om te hoor
Dit is baie hartseer.Sy is nou in die Hemel waar ons almal eendag wil wees.Julle sal die pragtige dogter weer sien en dan sal sy weer Heel wees en sonder siekte.
Sterkte vorentoe.

Lida ·

Miena ek gaan jou sooo baie mis !! Jy was die beste matriek waarvoor enige graad agt meisie kon vra ??Dankie vir jou vriendelikheid en opregte hart!Jy was n voorbeeld vir ons almal en sal altyd onthou word.Jou plek is leeg en ek sukkel om dit te aanvaar ! Maar jy is in n beter plek !! I love you Miena RIP tot ons mekaar weer sien ??

Antjie ·

Innige simpatie! Mag haar moedige poging nie net vir ons wat haar maar deur die media leer ken het, ʼn riem onder die hart wees nie, maar veral vir julle vir wie sy dierbaar is. Ek is seker sy sal ʼn paar mense in ʼn vroeë stadium van ʼn soortgelyke situasie red omdat medici nou beter uitkyk. Mag ons Hemelvader julle so troos wanneer dit onnodig voel. ʼn Ware heldin vir ons land!

Net Ek ·

Sy het by Potchefstroom Akademie geswot. Sy was nie ‘n student by NWU nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Net Ek

Ons vra om verskoning vir die fout. Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Miasiam ·

Baie sterkte aan die familie. Dit is so tragies. God sal julle dra deur hierdie moeilike tyd.

Janet du Toit ·

Rus Sag Miena. Sterkte aan die Fourie Familie en naasbestaandes.

appie ·

Wil net se baie sterkte daar mag ons Vader vir julle in die moeilike tyd al die vertroosting gee my hart is saam julle stukkend. Vader ek kom na U toe met hierdie mense ek vaar U vertroosting U krag en U liefde Amen

Dawn Botha ·

RIV Miena. Sterkte aan die familie in hierdie moeilike tyd.

Dawn Botha ·

Miena almal gaan jou mis. Sterkte aan die familie in hierdie moeilike tyd.

Lizelda ·

Wat n skok Om die nuus te lees. My innige simpatie. My gebede gaan aan die familie en vriende.

Kobus ·

Ek ken haar en die familie nie…maar net van haar toestand en terugslae hier op MM gelees…haar veggees het my verstom…sy het hard gestry maar moes die knie buig voor allerhande terugslae wat haar liggaam skielik verswak het…rus sag mooie Meisiekind…jy was n voorbeeld vir jou liefdevolle familie en onbekendes….jy het onwetend menige harte aangeraak met jou wilskrag…die MM familie ween saam met jou naasbestaandes….sterkte aan die familie en vriendekring

Rikku ·

Ek huil ook saam met die familie. Was so opgewonde toe sy beterskap getoon het. Onthou nog die foto van haar met die duimpie in die lig.

T ·

Sad and shocking. What kind of bacterial infection did she get?

Antjie ·

Ek is ook nuuskierig. Dis waarskynlik ʼn hoogs weerstandige een wat mens meestal in hospitaal omgewings optel. Daarom dat die joernaliste dit nie hier bespreek nie omdat sy só lank siek was. Dit betrek dalk onhigieniese verpleeg praktyke wat, hoop ek, later ʼn artikel op sy eie regverdig.

Anton ·

Ek is geskok. So n pragtige meisie. Rus in Vrede pragtige engel. Sterkte aan die familie.

Theresa B ·

Ai so jammer om dit te hoor. Baie sterkte aan haar familie. Julle het alles gedoen wat moontlik is, maar die Here weet van beter. Al is dit hoe swaar. Sy is nou “vry” en gesond. Ek dra julle in my gebede op.

DS ·

My innige innige meegevoel. Die hartseerste tyd wat vir julle voorle maar onderskraag en staan by mekaar as gesin en bly naby God en dinge sal stadig maar seker beter word. Hou julle in my gebede

Will ·

Ons voel saam met die Fourie-familie en bid dat ons Hemelse Vader julle vertroosting, vrede en innerlike krag sal bied in hierdie moeilike tyd. Sedert ons van Elmien se toestand verneem het, het dit gevoel asof ons familie geword het. Sterkte!

Andrea ·

My hart gaan uit aan julle in die moeilike tyd. Die Here het sy mooiste blom kom pluk. Rus sag by die liewe Here se voete. Jy gaan baie gemis word, maar jy is nou waar jy kan rus. Geniet jou vlerke en vlieg hoog daar in die hemel…. Amen

Gert Botha ·

Ek ken julle nie,maar my hart is seer saam julle..
Rus sag mooiste. Jy vlieg nou by Jesus.
Sterkte mamma, pappa.

thelsa ·

Dit is bitter moeilik om jou gevoel met die ouers en familie oor te dra. Weet net God vertroos harte. Mag haar mooi herinneringe voortleef in julle harte. Pragtige kind gewees. Ons bid vir die ouers en familie.

Adelle ·

Sterkte aan die Gesin en Familie, Rus in Vrede Pop – so jammer- het so Gebid vir jou spoedige herstel ……

Veertjie ·

Sò jammer Manie en Natasja met Elmien se afsterwe. Ek het nie woorde vir julle ‘eina’ nie, net God is ons Vertrooster. Hou aan Hom vas. Ek bid vir julle. :( xx

NICOLA ·

Not sure what to say to make the heartache better but know she’s got no more pain and is with God now. My deepest Sympathy to the loved one’s

Tessa ·

Dis is so hartseer. Rus sag mooie mens. Jy het hard baklei. Sterkte Oom en Tannie en Jaco.

Anita ·

Dis vreeslik vreeslik hartseer :-(
Baie sterkte aan haar famielie en vriende wat sy agterlaat.
Mag Jesus julle styf vashou in hierdie tyd!

Gesiggie ·

Ek het so gehoop vir beterskap vir Elmien… My innige meegevoel aan haar ouers, dit is so hartseer en ek kan net dink hoe leeg jul harte nou voel….mag God jul dra deur die tyd van rou, hartseer , sy is nou veilig by Jesus waar sy vir hom n Engel kan wees RIP Elmien… Sterkte aan die ouers en Familie

Adel ·

Dit is so verskriklik hartseer!!! Baie liefde en sterkte vir haar ouers en geliefdes xxx

Wim ·

Ai. My hart is seer omdat sy oorlede is. Ek het so gehoop sy sal gesond word. My hart gaan uit na haar ouers en broer. Ek huil saam met julle. Miskien sal ons eendag verstaan.

Nina ·

Ek het haar storie die heeltyd gevolg want dit het my aangeraak. So jammer om te hoor en baie sterkte vir die familie. Liewe Jesus het haar nodig gehad en sal Sy arms om julle hou, julle vashou en vertroos

Louisa Delport ·

Sy was so positief ek huil saam sterkte aan haar familie en vriende.

Gerhardb ·

Ek het die hele storie gevolg van die begin af wat sy opgeneem was. Dit is so jammer sy is oorlede. My innige Simpatie aan haar ouers vriende en familie. RIV Elmien Fourie. Jy is nou veilig by ons Hemelse Vader.

Marco ·

So jammer om te hoor, alle sterkte aan die familie in hierdie hartseer tyd.

zunette du toit ·

Nou is sy veilig by die Here en Engele daar sal sy geen pyn meer hê nie sterkte aan die familie

Skokkend ·

Waar kom die bakteriese infeksie vandaan? Sy was so mooi op die herstelpad en amper oppad huistoe? My innige simpatie aan die familie maar ek kan nie help om te wonder oor die bakterie nie. En gooi my maar met klippe, ek is baie simpatiek maar as hulle agterkom waar dit vandaan kom kan dit moontlik ‘n volgende lewe red. RIV.

Amanda Owen ·

Hoeveel mense gaan nog in die hospitale sterf nadat hulle die bakteriese infeksies daar opdoen, My eie sus was gelukkig om na 5 maande in Unitas hospitaal, ontslaan te word nadat sy hoeveel keer byna by die dood omgedraai het nadat sy rugoperasie ondergaan het & die infeksie daar opgedoen het – ook haar hart aangetas & antibiotika moes uit Amerika gekry word… ‘n Vriendin se man is in Morningside Kliniek opgeneem met malaria & ook dood nadat hy die infeksie opgedoen het….. Kry die kieme uit ons hospitale, Mens is te bang om daar te beland…

Anke ·

Ag nee is verskriklik….het so gebid dat sy gesond sal word, ek het nie woorde nie.

Luister ·

So jammer. Innige simpatie aan haar familie en naastes. Pragtige foto van haar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.