Puk-student sterf skielik

Hoofhek van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus Foto: TimesLive

Hoofhek van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus Foto: TimesLive

ʼn Student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus is Sondagoggend oorlede, vermoedelik aan breinvliesontsteking.

Prof. Fika Janse van Rensburg, rektor, het in ʼn verklaring gesê die student, wat in ʼn vrouekoshuis woon, het Saterdagmiddag siek geraak. “Ons kampus-gesondheidsorgsentrum, onder leiding van die kampusdokter, was onmiddellik betrokke. Sy is in die hospitaal opgeneem, maar is vroeg Sondagoggend oorlede. Volgens die dokter kan die simptome op meningitis dui; dit is egter nog nie bevestig nie. Die uitslae van die toetse sal so gou moontlik beskikbaar wees.”

Volgens Janse van Rensburg is daar as voorsorgmaatreël voorkomende medikasie aan al die inwoners van die betrokke koshuis uitgedeel. “Hulle word ook met berading deur opgeleide sielkundiges bygestaan.” Janse van Rensburg het gesê die universiteit het die nodige maatreëls ingestel indien dit wel bevestig word dat die student aan breinvliesontsteking dood is.

“Ons kry swaar saam met die ouers, familie en vriende van die student wat oorlede is. Ons verwerk eintlik nog steeds die tragiese afsterwe van Marguerite Brink, Elinda Booysen en Rachelle Stoffberg verlede week in ’n motorongeluk. Ons dink ook aan Jeanette Theron, wat die ongeluk oorleef het en aan’t herstel is, en haar familie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Tragies dat ‘n jongmens se lewe só kortgeknip moet word. In die onlangse verlede is ook studente aan die dood afgestaan weens ongelukke en ‘n geval van breinvliesontsteking. Meningitis 65 jaar gelede het ook letsels gelos met my suster se een been. Sy was maar nog ‘n kleuter. Daar was ‘n kranige dr. Vlok op ons plattelandse dorpie wat dadelik besef het wat haar makeer.
Sterkte aan die familie van die student.

AM ·

Baie sterkte aan Jeanette Theron op haar herstel pad. Ons dink ook aan haar ouers. Julle bly in ons gebede.

Justa ·

Ek doen n beroep op ouers om julle kinders wat in universiteits koshuise woon te laat inent teen meningitis. Dit kan baie trane en verwyte later spaar. Dit lyk of Potch n “hotspot” is vir hierdie siekte.

Sanet ·

Verlede jaar is daar ook n dame eerste jaar student aan breinvliesontsteking oorlede….

Carika ·

Ek het ook dadelik aan haar gedink. Ek wonder so baie oor haar ma en suster, haar pa is mos nie te lank voor dit oorlede nie.

Karma ·

Pukke/Tukke/Universiteite in SA is deesdae vir al die verkeerde redes in die nuus …. RIV, al die jong meisies wat in die motorongeluk(ke) en aan meningitis oorlede is. Sterkte aan die dame wat oorleef het.

Martie ·

Ek woon nou vir 10 mnde permanent in Potch,dis n pragtige dorp met pragtige mense,dit is ongelooflik hartseer/tragies dat ons pragtige jong mense so sterf,ek het breinvlies ontsteking gehat toe ek 8 jaar oud was en dit was aaklig,baie sterkte aan die betrokke families en vriende,mag God met julle wees.xxxx

Eddie ·

Waar was hierdie tragiese ongeluk waar die 3 studente dood is

wendy ·

Ai dit is so hartseer bja sterkte aan al die meisies in ongeluk se families en ook aan meisie wat oorlede is my innige simpatie mag God by julle almal wees julle almal bly in my gebede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.