Puk-studente uit koshuis geskors ná voorval met personeellid

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Sewe huiskomiteelede van die Hombré-manskoshuis op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is Maandagmiddag voorlopig uit die koshuis geskors ná ʼn beweerde onderonsie met ʼn senior personeellid waarby eerstejaars glo betrokke was.

NWU het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat die 53 jaar oue personeellid van die Institusionele Kantoor op 21 Januarie die oggend ʼn rugbesering opgedoen het toe hy probeer het om tussen die groep studente voor die kantoor deur te beweeg. Die studente het na bewering probeer keer dat hy tussen hulle deurloop. Lede van die huiskomitee was teenwoordig ten tyde van die voorval. Lees meer hier.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê voortspruitend uit die ondersoek wat van stapel gestuur is, is die lede geskors hangende die finalisering van die ondersoek en moontlike dissiplinêre optrede.

“Die primarius van die koshuis is nie een van die sewe voorlopig geskorste HK-lede nie, en twee ander HK-lede, waar onder die onderprimarius, het self besluit om te bedank,” het Jacobs gesê. “Alternatiewe verblyfreëlings op die universiteit se onkoste is vir die geskorste studente getref.”

Jacobs het gesê die rede vir die voorlopige skorsing is om seker te maak dat die ondersoek behoorlik gedoen kan word en om enige moontlike intimidasie vanuit welke oord of inmenging met die ondersoek te voorkom. “Die integriteit van die ondersoek moet ten alle koste beskerm word, en studente wat nié by die beweerde insident betrokke was nie, moet geïdentifiseer en beskerm word. Die ondersoek na beweerde wangedrag deur eerstejaarstudente gaan ook steeds voort,” het hy gesê.

Die sewe HK-lede het 48 uur tyd om redes te verskaf waarom die voorlopige skorsing nie gehandhaaf behoort te word nie, of waarom dit nie in die beste belang van die ondersoek is nie.

Reëlings sal getref word om ʼn tussentydse leierskapstruktuur in die koshuis te vestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Thys Human, Pretoria ·

As die owerhede dan nie wil bekendmaak of die studente wit of swart is nie, sal een van Maroela se vriende onder die studente vir ons inlig wat aangaan. Dankie.

Maar die vermoede verhoog dat kleur ‘n groot rolspeel!

Willem Smith ·

NEE!!! Kleur speel nie ‘n rol nie. Almal lyk soos ons en praat dieselfde taal. Selfs die “beseerde” professor. Ek dink die universiteit probeer ‘n voorbeeld maak oor die sogenaamde ontgroeningskultuur. Mens kan nie help om vermoed dat dit ‘n georkestreerde aksie is en dat die studente geprovokeer en nou geintimideer word nie. Skuldig of onskuldig, die saak is deur die universiteitsowerheid opgeblaas! Wonder of hulle onthou dat die instelling net kan voortbestaan as daar studente is!!!

Willem Smith ·

Sou graag wou verneem waarom die prof nie ook tydelik geskors is en hoekom hy nie ook ondersoek word nie….of ten minste ‘n poligraaftoets ondergaan het nie. Ek meen, die owerheidsbestuur het seker mos niks om weg te steek nie…of hoe?

anoniem ·

Kon die personeellid nie net wag totdat groep studente verby is nie? Indien jy reeds rugprobleem het tref jy in elk geval voorsorg om nie in ‘n gemaal, ens van mense in te beweeg nie. Klink maar moedswillig of dom vir my

Frikkie W ·

Die hele NWU stelsel is murtoe. In Ratau word blanke kinders uitgeskop oor uiters netelige sakies, soos bv. Jool gees, sokkie deelnames, ens.

Jarelange tradisies is nou as diskriminasie afgetakel. Ook as betalende inwoners, word studente van vooregte vir die onbenulligste van redes ontneem.

Knersus ·

Vandag se studente het geen respek nie – en hulle vloek soos ketters.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.