Puk wil klag teen Beeld terugtrek, sê Kgwadi

Beeld se voorblad op 21 Februarie 2014

Beeld se voorblad op 21 Februarie 2014

Die Noordwes-Universiteit wil nie voortgaan met klagtes wat by die Persombudsman ingedien is teen Beeld se berigte oor studente wat ‘n sogenaamde Nazi-saluut op die Puk-kampus uitvoer nie, ten spyte van die bevinding dat daar geen Nazi-praktyke op die kampus gebruik is nie.

Só sê prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit.

Die universiteit het vroeër vanjaar die klag oor die dagblad se beriggewing oor die voorval aanhangig gemaak, maar dit toe tydelik teruggetrek, hangende die uitkoms van die ondersoektaakspan se verslag. Dié verslag het bevind dat daar, in stryd met Beeld se beriggewing, geen nazistiese of fascistiese insidente op die Puk plaasgevind het nie.

Die sogenaamde Wessels-verslag is intussen deur die universiteitsraad bestudeer, en ‘n raadsverslag daaroor is Donderdagoggend oorhandig aan Blade Nzimande, minister van hoër onderwys.

Kgwadi het aan Maroela Media gesê hy sal eerder met die bestuur van Beeld vergader in ‘n poging om tot ‘n vergelyk te kom. Indien daar nie tot ‘n vergelyk gekom kan word nie en daar is steeds ongelukkigheid oor die koerant se beriggewing rakende die universiteit, kan daar stappe geneem word, het hy gesê.

Hy het tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria die studente en ouers van studente wat in die mediaberiggewing blootgestel is, om verskoning gevra. “Ons verstaan die trauma waardeur julle moontlik gaan. Julle het dalk nooit eens geweet julle aksies is so omstrede nie. Ek wil inwoners van Suid-Afrika verseker dat hulle hul kinders na ons universiteit kan stuur en dat hulle nie aan dié tipe verleentheid onderwerp sal word nie,” het hy gesê.

Lees ook:
“Geen Nazi-kultuur op Puk-kampus,” bevind verslag
Raad bestudeer nog Puk-verslag
Puk: Nog géén besluit oor Wessels-verslag
AfriForum Jeug eis dat Wessels-verslag verwerp word
Puk-debat: Waaroor die geveg gaan en nié gaan nié
Puk-verslag “in politiek ontvang en gebore”
Raad wil Puk-verslag oor ontgroening eers verder bekyk
NWU-klag teen dagblad teruggetrek; transformasie by Puk bespoedig
Voorstelle van internasionale ondersoekspan by NWU belemmer multi-kulturele inslag
Puk: Engels moet gelyk met Afrikaans, sê verslag
Theuns Eloff tree uit met roerende afskeidsboodskap
NWU dien klag in by Persombudsman teen dagblad
Puk-ondersoekspan bekend gemaak
Puk-koshuise: Ondersoek afgehandel
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit; ondersoek van stapel gestuur
Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe
Zuma reageer op Puk-groet
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
Oud-student bedank Puk vir balans
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
Basson se roekelose joernalistiek
Video: pukke moet transformeer – departement
Puk-studente begin met eie veldtog
Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: “Ons sal nie menseregteskendings duld nie”
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet ‘n g*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor Nazi-saluut

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

david ras ·

Nou wonder ek waaroor wil Dan Kgwadi met Adriaan Basson vergader ? Dis tog duidelik dat Beeld blatant gelieg het , en eintlik karaktermoord gepleeg in sy sieklike beriggewing. Regte rioolsloot joernalistiek so uit Fleetstreet se boeke.
En Kgwadi wil nog gesels ?

Zet ·

Nee kyk die hele ding steek my diep in die krop. Voel al so of ons al weer aan die kortste end trek.

Jessica ·

Nogtans het die Beeld-Leon Wessels-vriendekring netjies daarin geslaag om die persepsie landswyd te skep van ‘n verbintenis tussen onderrig in Afrikaans en ‘n chroniese kamma Puk-Nazi-kultuur .

Werner ·

Ek voel die klag moet noe teruggetrek word nie want dit is naamskending en geen persoon is vry van regte van ander mense nie

Braam ·

Kgwadi wil dalk die klag terugtrek, maar ek belowe jou die meerderheid Pukke en oud-Pukke wil nie. Basson het drogBeeld ‘n lewenslange vyand van die Pukke gemaak met sy blatante verdraaiing van die feite. Hoe gouer Media24 se base van hom ontslae raak, hoe beter is die kans dat van die Pukke weer Beeld in die toekoms gaan lees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.