Pukke: ‘Gerugte van geweld onwaar’

'n Gebou in vlamme gehul Woensdagaand op die NWU se Mafikeng-kampus. Foto: Twitter

‘n Gebou in vlamme gehul Woensdagaand op die NWU se Mafikeng-kampus. Foto: Twitter

Die Noordwes Universiteit (NWU) het Donderdag gerugte ontken dat die Potchefstroom-kampus se hekke gesluit moes word uit vrees dat die geweld van die Mafikeng-kampus daarheen sal oorspoel.

Kiewiet Scheppel, woordvoerder van die Potchefstroom-kampus, het aan Maroela Media gesê hulle is bewus van die dreigemente wat op sosiale media die rondte doen, maar geen voorvalle van geweld of betoging is by die Potchefstroom-kampus aangemeld nie. “Die hekke is geensins gesluit nie, almal kan kom en gaan soos hulle wil. Bedrywighede gaan voort soos normaal,” het sy gesê.

“Ons het ʼn hoër sigbaarheid van veiligheidspersoneel op die kampus aangesien ons bewus is van die dreigemente, maar alles is rustig en kalm hier.”

Die NWU se Mafikeng-kampus moes onbepaald gesluit word nadat betogers Woensdagaand verskeie geboue op die kampus aan die brand gesteek het, voertuie vernietig het en die kafeteria geplunder het. Traangas en rubberkoeëls moes gebruik word om die betogers onder bedwang te bring en hulle het gereageer deur veiligheidspersoneel met klippe te bestook.

Koos Degenaar, woordvoerder van die NWU Mafikeng-kampus, het Donderdagmiddag aan Maroela Media gesê die kampus is stil nadat al die koshuise ontruim is. “Ons het die studente gevra om ter wille van hul eie veiligheid die kampus te ontruim. Die meeste studente is reeds weg.”

Op ʼn vraag of gerugte waar is dat die kampus vir die res van die jaar gesluit sal moet wees, het Degenaar gesê daar is nog nie besluit wanneer die kampus sal heropen nie. “Die institusionele bestuur van die universiteit is tans in ʼn vergadering en hulle sal hieroor besluit.”

Beide Degenaar en Scheppel het bevestig daar was navrae van studente van die Mafikeng-kampus om tydelik op die Potchefstroom-kampus gehuisves te word. Die bestuur sal ook hieroor besluit en later meer inligting gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Josua Keys ·

Onder geen omstandigehde moet enige van die Mafikeng Kampus se studente by Potchefsrtoon Universiteid gehuisves word nie, dit is die begin van gaos by Potchefstroom en klaar. Die oplossing hier is dat daar n nood situasie afgekondig word on die ANC daarvan hou of nie die weermag moet ontplooi word saam die polisie soos ons in die ou dae by Universiteid van die Noorde Pietersburg gedoen het om veiligheid aan alle studente te bied wat met veiligheid die perseel kon betree en verlaat asook studeer, ons het by die hekke waggestaan in en om die Universiteid gepatroleer sonder enige voorvalle en sodoende het ons hul veiligheid beskerm. Dit is al hoe die regering die ding gaan smoor daar is geen ander oplossing hiervoor nie en klaar!!!! “At least sal ons belasting geld dan reg aangewend word.

Johan ·

Joshua. Jy is een honderd persent reg as die regering iets wil. Hier is die probleem. Die regering ignoreer nie die situasie uit onkunde nie… hulle is nie onbevoeg om die situasie op te los nie… daar is kundiges en hulpbronne. Dis moeilik vir ons Westerse denker om te aanvaar die regering wil niks doen nie. Hulle is moedswillig en nie onkundig nie. Dis die realiteit en die gevaar van ons situasie…

hans ·

Nog steeds nie n woord van veroordeling van Vise-Kanselier Dan oor die verwoesting op Mahikeng kampus asook oor die aanranding van die vroulike dosent. Enigste gevolgtrekking is hy is bang om teen die EFF en meelopers op te tree. Uiteindelik is dit die belastingbetaler wat deur SARIA betaal vir die skade aangerig.

VerVanRyn ·

Die PUK het reeds laat weet dit is onmoontlik en onwaar dat Mafikeng se studente hier toeglaat gaan word.

Gerda ·

Geensins!!! As julle nou wil he daar moet verdere opstand en vernietiging van eiendom wees, asook ontwrigting van ander studente se studies, moet NWU toelaat dat studente vanaf Mafikeng na Pukke oorkom, al is dit net tydelik.
Die rampokkers van Mafikeng stel nie belang in studies en hulle sal enige iets doen om te ontwrig en af te breek en so hul politieke motiewe af te forseer op NWU. So hou hulle uit. Gaan huur lokale waar hulle apart kan aangaan

Johann Marx ·

Die studente moet aanhou met hierdie gedrag. Die dag kom nader dat die Pa’s gaan inspring en hierdie gemors uitsorteer….en dan gaan julle gatte brand. Ek werk my rug af om twee studente daar te hou sodat hulle kan studeer en beter mense van hulleself te maak. Vir my het geen “fees ge-fall nie”……ek betaal. As daar net soveel as EEN klas van enige van my studente ontwrig word, sal ek jou kom ontwrig swakkeling…..Moenie sê jy’t nie geweet nie.

Roojan ·

Het gewonder hoe lank dit gaan neem. So julle en julle vriende het julle ka pus vernietig nou moet die studente van ń ander kampus dit ontgeld. Ek se nee die studente wat stilgebly het terwyl die paar opstokers die vure aan die brand gesteek het moet nou die prys betaal! Prof Kwgadi ek het ń kind op jou kampus, apjy kry nie ń sent verder van my voor ek weet wat jou planne is nie.

Dup du Plessis ·

……..gaan self ook nie ‘n verdere sent vir studie en koshuisgeld betaal tot heelwat later in die jaar nie – soort van versekering – as ‘n klomp sotte miljoene rande se skade aan geboue kan veroorsaak en wegkom daarmee kan ons as ouers seker maar ons geld vir ‘n ruk weghou , anders word dit dalk nog weer gebruik om hierdie vandale te finansier om weer op ‘n ander kampus amok te maak. Nie lank gelede nie het die SR reeds met Kgwadi koppe gestamp oor die oopmaak van PUK vir studente van die ander NWU kampusse. Hier is ons nou presies by die rede hoekom die SR gekant teen dit was…….VEILIGHEID van studente wat met hul eie geld vir studies betaal en WIL studeer. As PUK ontbondel was van die ander 2 kampusse was daar 1 Afrikaanse universiteit en kon daar dan aan die versoeke om al die ander Engels te maa,k voldoen word……..dink net aan die moontlikhede: Afrikaners is dan plesierig en die Engelse is jolly……reenboognasie om van te droom en dit in RSA in Afrika……darem net te goed om waar te wees….

Karel ·

Ook nog niks van die dosent wat betas en verneder was nie, gaan dit nou ook stil stil verdwyn omdat dit n swart student was of wat.?

anna ·

Eis geld van die universiteit terug vir klasse wat verlore gegaan het – julle het betaal maar nie die diens gekry nie – sien hoe gou kom hulle dan by. maar almal moet dit doen wat wil leer . Nie die maaksels wat vernietig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.