Pukke: Tydelike sluiting oor moontlike protesaksie

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die bestuur van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het aangekondig ʼn gedeelte van die kampus is tydelik gesluit weens moontlike onwettige protesoptrede.

“Die gebied in en om die Studentesentrum (SS), die Kafeteria en die Draak is vanaf 12:00 tydelik gesluit weens ‘n moontlike onwettige protesoptrede wat georganiseer is deur ‘n nie-erkende liggaam met werknemers van diensverskaffers wat ‘n kontrak met die universiteit het,” het Fika Janse van Rensburg, rektor, in ʼn verklaring gesê.

“Almal wat by onwettige optrede betrokke is, sal ooreenkomstig die beleid en dissiplinêre prosedures aangekla en vervolg word. Indien die protesoptrede nie vreedsaam verloop nie, gee ek julle die versekering dat ons kampus gerat is om dit te ontlont en bestuur. Ons is voorbereid vir enigiets wat kan gebeur. Daarom moet studente en personeel níé betrokke raak nie. Goed-bedoelde ‘hulpverlening’ sal die teendeel bereik.”

Janse van Rensburg het ʼn beroep op studente gedoen om die spesifieke plek in hierdie tyd te vermy. Volgens Janse van Rensburg is die grootste probleem tans die verspreiding van vals boodskappe, wat paniek veroorsaak. “Ek doen ‘n beroep op elkeen: as jy ‘n berig kry wat jy nie kan bevestig nie, stuur dit na [email protected], of na die klagte-gedagtelyn per SMS: 31750. Of jy kan telefonies met ons kontak maak by 018 299 2776 of 018 299 2712.”

Janse van Rensburg het gesê die bestuur sal studente op hoogte gehou van verwikkelinge. “Alle ander aktiwiteite op die kampus gaan normaal voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann Marx ·

Dit maak my so hartseer as julle ‘n foto gebruik waar Totius nog staan. Die tradisie is om, as jy jou graad kry, langs hom te gaan staan vir ‘n foto. NIKS te doen met enige ras, taal, apartheid, ondrukking, verdrukking, politiek, ego’s of enige iets nie. Hy het die Universiteit begin as ‘n Bybelskool……….en dis ‘n tradisie om langs hom te gaan staan as jy jou graad kry. En nou is dit ook daarmee heen……

Gideon ·

Ek hoop nie julle is so voorbereid soos by Mafikeng kampus nie, want dit was voor die hand liggend dat daar iets aan die broei was, veral in die lig wat oor die hele land plaasvind! Ek dink julle kan maar erken iemand was lekker aan die slaap!

Dup du Plessis ·

…….wonder wat het van mnr Froneman geword wat baie spraaksaam was nie so lank gelede nie ……spesifiek toe Afrikaanse ouers en studente hul kommer uitgespreek het oor die oopstel van die PUK kampus vir die studente van die ander 2 kampusse……..

hans ·

Bestuur van Potch kampus vertrou dat die studente wat hul skuldig gemaak het saam met werkers aan gruwelike wangedrag deur bemorsing ens van kampus gaan permanent geskors word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.