Pukkie beseer deur eiendomsagentbord

Die student is op 30 April 2016 beseer toe sy oor 'n eiendomsagentbord geval en die staalpen in haar been ingedruk het Foto: ER24

Die student is op 30 April 2016 beseer toe sy oor ‘n eiendomsagentbord geval en die staalpen in haar been ingedruk het Foto: ER24

ʼn Student op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit is Saterdag beseer toe sy oor ʼn eiendomsagentbord gestruikel en die staalpen in haar been ingedruk het.

“Paramedici is na die voorval in Presidentstraat ontbied,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici moes van spesiale toerusting gebruik maak en het ʼn groot deel van die staalraam weggesny voor hulle die staalpen gestabiliseer het. Sy is daarna na Potchefstroom- provinsiale hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

reguit ·

Munisipalewet lees Geen ad border..kom kyk hoeveel sien ek. Student Dagvaar eiendoms mpy. !! Asb.

JB ·

Naas gemorspos is eiendomsadvertensieborde seker die mees irriterendste onding in ‘n woonbuurt. Esteties totaal onaanvaarbaar. Daar moet wette gemaak word teen hierdie goed.

cobusp ·

Daar is streng voorwaardes wat die eiendomsraad voor skryf waar borde geplant mag word. Hopelik het die agent dit gedoen anders kan die student n groot regsaak maak vir skade vergoeding pyn en lyding.

Marie van der Merwe ·

Borde is n gevaarlike onooglike euwel in openbare beweegruimtes. Plaas dit teen die muur/heining of binne die eiendom as dit moet! Hoop hierdie student herstel volkome-so n ysterpen kan erge infeksie veroorsaak. So n onnodige insident.

Wiebo ·

Hoe dronk was die student wat oor n eiendoms agent se bord val? Dis mos duidelik sigbaar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.