Pukkie sterf ná hy en vriende swem

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Xavier Klein, ʼn eerstejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus (Puk), is Saterdagaand oorlede nadat hy en twee studentemaats in een van die universiteit se swembaddens gaan swem het.

Prof. Fika Janse van Rensburg, rektor van die universiteit, het gesê Xavier en sy twee vriende het Saterdagmiddag by die Fanie du Toit-sportgronde se swembad gaan swem. “Na ʼn paar lengtes het Xavier aan sy vriende genoem dat hy maagpyn het, en het ʼn rukkie op die kant gesit,” het Janse van Rensburg verduidelik. “Hy het toe egter weer saamgeswem en in die moeilikheid geraak. Sy maats het dit vinnig agtergekom en hom te hulp gesnel.”

Volgens Janse van Rensburg het waterpolo-spelers ook die vriende gehelp en hulle kon onmiddellik met mond-tot-mondasemhaling begin.

“Nooddienste, wat by die nabygeleë netbalwedstryde ontplooi was, kon binne minute aansluit,” het hy bygevoeg. Volgens Janse van Rensburg was personeellede van die universiteit se bemarking- en kommunikasie, huiskomiteelede, die huiskomitee, huisvader en voorsitter en adjunkvoorsitter van die Studenteraad op die toneel.

Hy is met ʼn ambulans na MediClinic geneem.

Xavier, ʼn student in Laureus-manskoshuis, se huisvader het dadelik sy ouers in kennis gestel om vervoer- en oornagreëlings te tref.

Hy is Saterdagaand omstreeks 23:00 oorlede.

“Ons kry swaar saam met sy ouers, familie, vriende en veral die mede-inwoners van Laureus,” het Janse van Rensburg gesê.

Die oorsaak van Xavier se dood is nog nie bekend gemaak nie.
Lees ook: Kgwadi betoon medelye ná Pukkie sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

wynand ·

So jammer om dit te hoor.Sterkte in hierdie droewige tyd. Mag God U troos.

anna ·

Sterkte in hierdie hartseertyd. Dit is so jammer. Dink aan almal betrokke.”will not the deepening darkness brighten the glimmering star”.

Deon Bruyns ·

Dit is vir ons as mense baie moeilik om God se wil te verstaan – maar Hy is die Vertrooster wat berusting sal bring. Ek bid dat die ouers se wonde sal genees.

REGVERDIG ·

My innige innige simpatie met die familie. Dit is vir my altyd n verskriklike hartseer en baie teer punt as dit by kindertjies kom. Enige kindertjies.
Mag julle vertroosting vind

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.