Pule onttrek haar van ANC-kandidatelys

Dina Pule

Dina Pule

Dina Pule, voormalige minister van kommunikasie, het die ANC se benoeming vir die party se parlementêre kandidatelys van die hand gewys.

“Ek het lank gedink oor wat ek met die res van my lewe moet doen en terwyl ek ʼn lojale en toegewyde ANC-ondersteuner bly, is dit in my beste belang en in die belang van my kinders en familie dat ek van die ANC-lys onttrek en toegelaat word om my lewe in vrede te lei,” het Pule in ʼn verklaring gesê.

Pule is verlede jaar as minister afgedank nadat ʼn verslag deur Thuli Madonsela, openbare beskermer, haar betrek het by aanklagte van korrupsie en ʼn moontlike botsing van belange. Madonsela se ondersoek het gehandel oor Pule se aanstelling van diensverskaffers vir ʼn indaba wat in Kaapstad gehou is. Madonsela het bevind dat Pule haar kêrel, Phosane Mngqibisa, laat voordeel trek het uit die geleentheid.

Pule was nommer 70 op die ANC se lys van parlementêre kandidate, wat haar in der waarheid ’n plek in die Nasionale Vergadering verseker het. Sy het nogtans haar dankbaarheid uitgespreek vir die benoeming en die vertroue wat in haar gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.