Putfontein-moorde: Geliefdes betoog buite hof

Vriende en familie betoog buite die hof. (Foto: Facebook)

Vriende en familie van Johanco Fleischman (19) en Jessica Kuhn het Donderdag vreedsaam buite die landdroshof in Benoni betoog waar twee mans wat in verband met hul moorde aangekeer is, weer in die hof verskyn het.

Fleischman en Kuhn het in Mei verlede jaar op Putfonteinweg in Benoni sonder brandstof gaan staan toe hulle koelbloedig doodgeskiet is. Die twee verdagtes is in Junie vanjaar, ʼn jaar ná die moorde, in Benoni aangekeer.

Johanco Fleischmann en Jess Kuhn. (Foto: Facebook)

“As ʼn ma … die hofverrigtinge vat aan jou. Ek is elke keer by die hoof en ek is OK, maar hierdie ding krap aan my,” het Marika Fleischman, Johanco se ma, gesê.

“Die aand voor die hofverrigtinge slaap jy glad nie. Die volgende dag sit jy heeldag in die hof. Dis nie maklik nie.”

Fleischman sê hoewel sy vertroue in die regstelsel het, weet sy ook dat iemand “onskuldig is tot hy skuldig bewys word”.

“Daar is soveel goed in die proses wat kan verkeerd loop en ek maak my nie oop vir teleurstelling of seerkry nie. Ek is oopkop oor die hele hofproses.”

Die saak teen die twee verdagtes is tot volgende week uitgestel wanneer hulle aansoek om borgtog sal voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Astrain ·

Kan ons asb die name en nasionaliteite van die beskuldigdes kry Maroela Media?

isabelle ·

Die n12 is n GROOT GEVAAR bitter lelike dinge vind gereeld plaas in daai omgewing….ek wil net weet waarom stel hul nie n lokval nie want die is nie die enigste geval nie

Moerby1212 ·

HOE KOM MOET DAAR ALTYD BORG WEES. HULLE IS MOORDENAARS … DIE OUERS HET KINDERS VERLOOR VIR ALTYD SAL HULLE.PLEKKIES LEEG WEES. WAT WIL DIE MENSE BEREIK OM ALTYD BORG VOOR TE STEL. SLUIT DIE GOED IN DIE SELLE TOE TOT DIE VOLGENDE HOF DATUM.. HULLE IS NIE GEREGTIG OM SIMPATIE TE KRY NIE HET HULLE SIMPATIE GETOON TOE HULLE HIERDIE PRAGTIGE JONG MENSE VERMOOR HET?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.