Pyn by brandstofpomp dalk binnekort (net-net) minder

(Grafika: pixabay)

Goeie nuus is dalk in die vooruitsig vir motoriste met ʼn verwagting dat die brandstofprys volgende maand gaan daal. Maar moenie asem ophou vir ʼn reusedaling in die prys nie.

Ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds wys dat 95 oktaan-petrol met nagenoeg 90 sent per liter kan daal, die prys van 93 oktaan-petrol kan sowat R1,07 per liter verlaag word en die grootmaatprys van diesel kan met ʼn verwagte 91c/ℓ daal.

Die prys van paraffien kan volgens die voorlopige syfers met 94c/ℓ daal. Die verwagting is goeie nuus, maar daar is geen waarborg dat die situasie oor die volgende twee weke, voor die nuwe prys aangekondig word, kan verander nie.

ʼn Daling in internasionale petroleumpryse dryf die dalings, maar dit word afgewater deur ʼn swakker rand-dollar-wisselkoers.

Die dalings sal boonop verder beperk word weens ʼn terugkeer in Augustus na die gewone brandstofheffing van R3,93. Dit is vroeër verminder om verligting aan verbruikers te bied. Die regering het reeds aangedui dat hy nie gaan afsien van die voorneme om die volle heffing weer volgende maand in te stel nie.

Volgens die Outomobiel-Assosiasie (AA) sal die werklike dalings in petrol waarskynlik dus meer in die omgewing van 15c/ℓ vir petrol en 32c/ℓ vir diesel wees.

“Hoewel dit meer noemenswaardig sou wees indien die brandstofheffing-verligting nog gegeld het, is die daling nietemin welkom en gaan dit ʼn mate van druk op verbruikers verminder,” sê die AA.

Ten spyte van die verwagte daling in pryse, sê die AA brandstofpryse in Suid-Afrika bly hoog en die vorige aansienlike verhoging sal die ekonomie in die komende maande steeds raak.

“Verlagings bied onmiddellike verligting, maar verhogings sypel stadigaan deur die ekonomie, veral in dié sektore wat daardeur geraak word maar nie hul pryse dadelik opwaarts aanpas nie en wag vir meer volgehoue brandstofverlagings wat insetkoste verminder,” sê die vereniging.

Die AA het opnuut gevra vir ʼn hersiening van die brandstofprysstruktuur sowel as ʼn oudit van elke gedeelte van die brandstofprys.

“Dit is nodig en moes lankal gedoen word om volhoubare oplossings te vind wat die stygende brandstofpryse in die land teenwerk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

VaalDonkie ·

Mooi. ‘n Hele R50 af op die R1250 wat dit my nou kos.

Annamarie ·

En nou moet ons opgewonde raak vir 90 sent en R1.07, ag rerig??? Nice One !!!

Harley Davidson ·

Skrap die heffing in totaal op die petrol prys dan sal ek tevrede wees.

Johanncb ·

Die sogenaamde verlaging is ‘n klug! Kyk hoe hemelhoog bly die prys per liter! Wié probeer die regering bluf?

Jacques ·

Iets wat ek op internet geleer het (ek’s nie ‘n motoris, ek loop) In elk geval, Daardie brandstofpomp by vulstasie, meet vloeistof bv. petrol sodra dit by meter verbyvloei, dis waarvoor JY betaal mnr/mev. Jy gooi 20 liter petrol, betaal swaar en ry. Stoppie bus! Vat die afstand vd meter tot by die bek waar dit in jou brandstoftenk ingaan; diameter en lengte van pyp ens.. gaan maak somme. Daar sit nog so ‘n liter of 2 vas in pyp, waarvoor JY betaal het; en nie gekry het nie. Na enige transaksie, word alle petrol/diesel deur vakuum pomp teruggetrek na opgaartenk. Dog ek share maar net. Hallo ????

Piet 6 ·

Wat as jy 2 liter koop? Is die kan dan leeg? Dit is hoe jy die meter by die pomp kan toets. Mens moet altyd seker maak van feite.

Carol ·

Die publiek kry baie swaar met petrol prys maar, die petrol vultasies gaan toe maak.Hoe op aarde moet jy vir petrol betaal en lone betaal as jy net R1.58 per liter maak en dan kan jy nie eers n opwerker bekostig van om en by n 1 miljoen om alle pompe en geboue aan die gang te hou wanneer beurtkrag helfte van dag in werking is.

Hendrik ·

Ons soek ‘n totale verligting van die regering en dan sal die brandstofprys regkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.