Pypbom in KNP aangetref

Argieffoto

ʼn Pypbom is Vrydag deur die loop van die dag in die Kruger Nasionale Park (KNP) aangetref.

Isaac Phaahla, woordvoerder van die KNP, het in ʼn verklaring gesê die KNP bevestig dat ʼn wildbewaarder op patrollie spore nagevolg en twee verdagtes binne-in ʼn stormwaterpyp aangetref het.

“Die oortreders kon daarin slaag om weg te hardloop toe die wildbewaarder die verdagte toestel in die stormwaterpyp ontdek het. Dit was in daardie stadium belangriker om die toestel te hanteer en die risiko te bepaal,” het Phaahla gesê.

Die polisie se bomspan is na die toneel ontbied en het die toestel as ʼn pypbom geïdentifiseer. “Die toestel is op die toneel gedeaktiveer.”

Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke,  het gesê dit is jammer dat Suid-Afrikaners wat by sulke aangeleenthede betrokke is nie besef hulle maak net hul eie mense en land seer en vernietig eintlik in die proses hul eie erfenis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Adri ·

Die probleem is dat die skuldiges vir seker nie Suid-Afrikaners is nie en nie ‘n snars voel vir wat hulle verwoes nie. Hulle het een of ander plan gehad om hulleself te bevoordeel en na die duiwel met die res.

Rupert Ashford ·

Ja Fundisile, en so struggle ons al van jare gelede af en nou is daar maar min erfenis oor, behalwe vir die fat cats natuurlik…hun oogen peulen uit van vet.

Hannetjie ·

Daardie tipe bom sou waarskynlik gebruik geword het om in riviere te gooi sodat vis sou vrek.Dan sou die plunderaars die gevrekte visse ‘geoes’ het..maar groter diere soos seekoeie en krokkodille sou ook beseer gewees het.Die KNP nie meer veilige plek nie.

De Villiers ·

Ek stem saam, Adri. Hoe kan mnr. Mketeni so ‘n onverantwoordelike aanname maak deur die verdagtes as Suid-Afrikaners te bestempel, veral nadat albei ontsnap het? Die KNP in vrot van onwettige immigrante van die aangrensende lande. Dis merendeels hulle wat ons erfenisse plunder met renoster-, olifant-, leeu- en perlemoenstropings. Blameer eerder die swak doanebeheer en die regstelsel wat hierdie kriminele nie met dieselfde mate straf as waarmee hulle oortree nie. Doodstraf, lyfstraf en harde handearbeid is mos nie menslik nie, en almal het nou mos menseregte, waarvan die kriminele s’n die swaarste weeg. Dis hoekom misdaad so hoogty vier in ons land.

Gemaskerde Sopbeen ·

Toe die heining op was tussen SA en Moz en SANW dit gepatrolleer het, was daar nie renosterstropers of pypbomme in die Nasionale Kruger Wildtuin nie….

Casper Labuschagne ·

Is dit bloot my verbeelding, of gaan hierdie land nou teen ‘n snelle spoed agteruit?

PJC ·

Dit wil voorkom of die KNP as ń maklike deurgang na SA gebruik word en wanneer die leeus dan van hierdie onwettiges vang soos wat in die verlede gebeur het dan word die betrokke leeus onmiddellik gesoek en vakant gemaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.