Pypleiding en rioolwerke vir Bloemhof, Schweizer vorder

Lindiwe Sisulu (Foto: Chantall Presence/ANA)

Daar was goeie nuus in die parlement gister vir inwoners van Bloemhof, Schweizer-Reneke en omgewing in Noordwes.

Die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, het ʼn aankondiging gedoen oor vordering met belangrike nuwe infrastruktuur in die gebied.

Sy het geantwoord op ʼn vraag van Isaac Seitlholo, DA-LP, oor die vordering met die nuwe rioolwerke by Bloemhof en die pypleiding tussen Bloemhof en Schweizer-Reneke.

Volgens Sisulu is die rioolwerke 89% voltooi en wat die pypleiding van 60 km tussen die twee dorpe betref, is haar departement tans besig met die eerste fase van 11 km.

Die rioolwerke behoort teen Desember vanjaar voltooi te wees. Desember is ook die teikendatum vir die voltooiing van die 11 km lange eerste fase van die pypleiding.

Sisulu sê die hele projek behoort teen Desember aanstaande jaar te begin funksioneer. Die koste van die rioolwerke is sowat R120 miljoen, en die koste van die pypleiding beloop sowat R278 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

koos ·

Me. Sisulu, dis nie goeie nuus nie, dis wat die belastingbetalers verwag van jou en jou regering.
Ek kry nie komplimemente bloot omdat ek my werk (waarvoor ek betaal word) doen nie.
Jou regering kan nie aanhou erwe en huise weg gee en nie die infrastruktuur nie opgradeer nie. Kyk maar wat gebeur in Pretoria Noord. Onwikkeling vind plaas teen ‘n spoed, maar al die inwoners sit kort kort sonder krag en water. Die rioolering is ‘n gemors en die paaie val uit mekaar.

DT ·

Hoekom moet alles wat die politici doen altyd opgeblaas word in media of met ‘n fanfare gebeur? Wat gebeur by die Vaaldriehoek Minister? Wat soek die Weermag daar? Doen net u werk of verseker dat dit gedoen word SONDER politieke “Point scoring asb!

Johan Pretorius ·

Bloemhof sowel as Schweizer-Reneke is in n uiters swak toestand op alle gebiede. Die infrastruktuur is uiters swak , dienste is uiters swak ens. en ens. As n reisiger Bloemhof vanaf Christiana nader voel dit of jy n stortingsterrein ingaan . Dit is absoluut skokkend om die N12 aan weerskante van die pad tussen Boitumelong en Bleomhof te aanskou. Dit is net rommel en vuil riool wat gesien word. Die buurdorpe van Bloemhof op die N 12 is ook in uiterse swak toestande.

Stinkend op SR ·

En die rioolwerke werk so goed op Schweizer, dat die rou riool orals uitloop en in die Hartzrivier in loop. Dis darem maar lekker in die nuwe Suid Afrika ne.

Haardos ·

Willie, ek het al gewonder of haar haarkapper nie dalk oorlede is nie?

Gert van Wierdapark ·

Die kommer is dat daar skynbaar net gevorder word? na daar navrae in die Parlement is. In die tussen-periodes word op louere gerus, van die arbeider tot die sogenaamde drops bestuurders en ander ketting-draers!

SjN ·

Ek glo nie sy was op site by die pyplyn nie, gaan kyk eers voor sy praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.