Qedani Mahlangu: ‘My lewe is in gevaar’

Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng wat wyd blameer word vir die dood van ten minste 143 psigiatriese pasiënte ná hulle na NRO’s oorgeplaas is, het Woensdag vir die paneel by die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor gesê haar lewe is in gevaar.

“Ek wou dit graag formeel opper. Daar is geen rede vir iemand om my te teister nie,” het sy gesê. Mahlangu het gesê ʼn hommeltuig het oor haar huis gevlieg en vir ʼn klein rukkie daar bly hang. Sy is deur veiligheidspersoneel in kennis gestel van die voorval en het ook die departement van gemeenskapsveiligheid daarvan in kennis gestel.

Mahlangu het Woensdag tydens die tweede dag van die arbitrasieverhoor in Parktown in Johannesburg getuig. Sy het gesê sy het gevoel dis nodig om amptelik haar bekommernisse met afgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke te deel.

Volgens haar is sy deur polisiebeamptes genader op die lughawe toe sy geland het van die Verenigde Koninkryk af waar sy studeer het.

“Daar was ʼn ongewone paspoort-nagaanproses toe ek van die vliegtuig afgeklim het. Twee polisiebeamptes het my genader en gesê hulle is deur die base van staatsveiligheid gestuur,” het Mahlangu gesê.

Moseneke het vir adv. Tebogo Hutamo, vir die staat, opdrag gegee om ondersoek in te stel na die bewerings en Donderdag terugvoer te gee.

Mahlangu het verlede jaar ná die tragedie uit haar posisie bedank en is gedagvaar om te getuig terwyl sy by die Global Banking School in Bedfordshire in die Verenigde Koninkryk studeer het. Dié opleidingsinstansie het Mahlangu intussen geskors.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lientjie ·

Duidelik is daar mense daar buite wat baie kwaad vir jou is.

Ella ·

Dalk verstaan sy nou hoe bevrees die pasiente moes wees oor wat met hulle gebeur. Hou op simpatie soek. Julle het geen simpatie betoon aan families of pasiente.

Irene ·

Die pasiente se lewe was ook in gevaar toe sterf hulle en jy het lekke salaris ontvang

KG ·

Ek het ongelukkig geen simpatie met haar nie. Nou wil sy slagoffer speel…..het sy regtig gedink daar geen gevolge wees nie??

SKAM JOU ·

Ja shame dit is seker hoe die 146 pasiente wat dood is ook gevoel het. Hulle het ook gevoel hulle lewens is in gevaar want niemand het na hulle gekyk of vir hulle kos gegee of hulle versorg nie …Die verskil is, hulle kon by niemand kla nie, en daar was geen hulp vir hulle nie, hulle is van die honger en verwaarlosing dood. Ek hoop nie jy dring nou aan op private sekuriteit waarvoor EK as belastingbetaler ook nog moet betaal nie !!!Hierdie is ‘n bogstorie man.

INUS BRONKHORST ·

JY HET NIE OMGEGEE DAT ANDER SE LEWENS IN GEVAAR WAS OF IS NIE. SO HOU OP KERM EN VAT JOU STRAF SOOS ‘n VOLWASSENE. FACE DIT SUSSIE JY HET MOEILIKHEID, GROOT MOEILIKHEID.

Antjie ·

Dit is presies my probleem met parlementêre ondersoek-kommittees wat die misdadige aspek ignoreer! Belemmer hulle nie hierdeur strafregtelike ondersoeke en -optredes nie? Kan sy ʼn tweede keer “verhoor” word op die klagtes? As sy beskerming benodig, kan die SAPD se selle haar gerus uithelp!

Anoniem ·

Ja. En? So was 143 is dit?, se lewens ook. Maar jy het jou nie daaraan gesteur nie HET JY?????!!!!!!!

Valie ·

Jy het nie omgegee toe 143 gestremdes se lwens in gevaar was nie. Wat van die 50+ gevalle wat nog ” weg ” is? Jou lewe het nie meer waarde as ander s’n nie, al was hulle gestremd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.