Qedani Mahlangu uit ANC se provinsiale komitee geskop

Qedani Mahlangu. Foto: ANA

Die ANC se nasionale werkskomitee het die omstrede Gautengse LUR vir gesondheid, Qedani Mahlangu, en voormalige provinsiale ANC-hoofsweep Brian Hlongwa, aangesê om met onmiddellike effek te bedank uit die ANC se provinsiale uitvoerende komitee.

Mahlangu se afdanking uit die komitee kom ná ANC-adjunk-sekretaris-generaal Jessie Duarte verlede maand Jacob Khawe, provinsiale sekretaris, skriftelik in kennis gestel het dat die party ingestem het dat Mahlangu en Hlonga uit die provinsiale partyleierskap moet bedank.

Mahlangu word beskuldig van die 144 sterftes van Life Esidimeni-pasiënte terwyl sy die Gautengse LUR van gesondheid was. Die persone is dood toe hulle van Life Esidimeni na onbekwame en ongelisensieerde fasiliteite oorgeplaas is.

Hlongwa is gewikkel in bewerings van korrupsie wat spruit uit sy tyd as LUR van gesondheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hansie Slim ·

En hier stap sy uit, ongeskonde met pakket van sekerlik ‘n paar miljoen. Tipies, maak droog en jy kry ‘n aftreepakket wat sy nog altyd wou hê… nou net nóg vroeër!!

lewies ·

Privaatvervolging dis nou die nuwe neiging. Die familie moet maar oorneem as hulle nie tevrede is nie.

Philip ·

Tipies en is dit seker weer ‘n mediese toestand. Dis moord en sy moet aangekla word. Die lyding wat daardie mense deurgemaak het is onbeskryflik. Adv Gerrie Nel moet hierdie sake hanteer.

Martin ·

Ja, destyds toe hulle oor gevat het het hulle met n hekse jag begin en al wat n blanke persoon wat in n top posisie was vervolg vir korrupsie, diefstal en bedrog en hulle tronk toe gestuur. Nou pleeg hulle self al hierdie dade toenvoudig en kom niks oor nie. Of hulle bedank self of word afgedank en dan is hulle kwytgeskeld van hulle “Crime”

Dries ·

Ek verwelkom di optrede en vertrou dat strafregtelike aanklagte sal volg!
Net n vraag. Hoekom kan dit met di persoon gebeur, terwyl ander ANC-lede, ‘se skuld eers in n hof bewys moet word’.
Praat van dubbel standaarde!

SjN ·

Hou haar verantwoordelik in persoonlike hoedanigheid, dit is agv haar optrede vir al die sterftes en die geld wat aan die naasbestaandes belowe is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.