Qedani Mahlangu weer lid van ANC se uitvoerende komitee

Qedani Mahlangu, die voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng. Foto: Brenda Masilela/ANA

Die beleërde Brian Hlongwa en Qedani Mahlangu is weer as lede van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee aangestel, ondanks donker wolke wat oor hul koppe hang oor beweerde korrupsie en wanbestuur.

Panyaza Lesufi, nuut aangestelde adjunkvoorsitter van die ANC in Gauteng, het Maandag gesê die konferensie, wat oor die naweek in Pretoria gehou is, het Hlongwa en Mahlangu bespreek en besluit om “prosesse toe te laat” om hul gang te gaan.

Mahlangu was aan die hoof van die gesondheidsportefeulje in Gauteng toe ʼn onsuksesvolle oorplasing van psigiatriese pasiënte van Life Esidimeni na NRO’s tot 144 sterftes gelei het. Sy het ná die tragedie as LUR van gesondheid bedank.

Hlongwa is die onderwerp van ʼn verdoemende verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) wat verlede maand vrygestel is. Hy word geïmpliseer in R1,2 miljard se korrupte aktiwiteit toe hy tussen 2006 en 2009 provinsiale LUR van gesondheid was.

Die verslag is in Maart 2017 aan pres. Jacob Zuma oorhandig, maar dit is nooit publiek gemaak nie totdat die groep Section 27 dit bekom het ná ʼn versoek kragtens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA). Die verslag van 122 bladsye verskaf besonderhede van geld wat aan Hlongwa gegee is om sy huis van R7,2 miljoen in Bryanston, Johannesburg, te koop.

Die SOE-verslag wys hoe “staatskaping” plaasgevind het toe 3P, ʼn privaat maatskappye, bestuurfunksies binne die Gautengse departement van gesondheid oorgeneem het en “verdagte” tenders ter waarde van meer as R1,2 miljard uitgereik het, met betalings aan Hlongwa.

“Die konferensie het ingestem dat ons hierdie twee sake so gou as moontlik moet oplos. As leierskap stem ons met dié besluit saam. Geen steen moet onaangeraak gelaat word nie en die leierskap moet beslissend optree,” het Lesufi aan verslaggewers tydens ʼn perskonferensie by Luthuli House in Johannesburg gesê. “Ons versoek ruimte om dit te hanteer, aangesien ons sopas uit die konferensie gekom het en nou vir die eerste keer hier vergader.” Hy het gesê “niemand sal beskerm word nie” wanneer die party die sake van die twee politici hanteer.

Heraangestelde Gautengse ANC-voorsitter en premier David Makhura het aan verslaggewers gesê die provinsie sal wag vir die integriteiskomitee se verslag “en dinge dan van daar af verder voer”. “Die konferensie is een proses, die integriteitskomitee is ʼn ander, maar dit is albei prosesse van die ANC.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

willie ·

Finkel en Koljander die een is soos die ander wie gee tog om!

Danie van Zyl ·

Hoekom word die klagtes nie by die polisie gele nie. Dit lyk of die ANC besluit wanneer iemand aangekla word vir kriminele oortreders. Meeste van hulle is korrup. Sal wat wou gee om uit te vind wat se skelm dade hulle steeds pleeg wat geheim gehou word.

Alki ·

Dit is weereens ‘n bewys dat dit anc nie ernstig is oor die uitroei van korrupte bedrywighede nie, inteendeel dit baat jou, jy word beloon.

Charmaine ·

Kan nie verstaan hoe die ANC altyd die vrot appels weer aanstel nie, Is daar dan geen eerlike mense in die ANC nie?

Ella ·

Mens staan verstom oor die ANC se arrogansie en verbreking van hul eie waardes en reels.
Sowaar as wragtig al is hulle die enigste party in SA sal hulle nie my stem kry.
Hoe kan dit beter gaan.in die land as dit die voorbeeld is wat gestel word?
My hart huil oor SA.

Johanna Botha ·

Ek het pas my hoed geeet ….kan mens die anc ooit verstaan !

Liberaal ·

Liberaliste is so bly oor die nuwe land wat ons voor gedruk het. Hierdie vrou se regte moet nie ingeperk wees nie, al het sy die dood van baie weerlose mense veroorsaal. Is my mede liberales trots?

Mrs H ·

Weet hulle ooit hoe om die woord “integriteit” te spel?! Hulle moet liewerster nie van goed praat wat hulle nie weet hoe om dit te spel nie! Dit gaan vir “eerlik” en “opreg” en “bedien” en “bou” en “vrede” en “liefde” en “versorg” ook.

humor ·

Die damwal het gebreek en dit het onmoontlik geword om die oorstromings te keer. Self ons redder president is maar n drenkeling in totale onvermoe.

Jackie Gittins ·

Donald Trump se stelling is waar: ‘Africa has proven beyond a shadow of doubt, they cannot rule’. Hoe kan wettige afgevaardigdes vir mense stem wat onderverdenking van korrupsie en moord staan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.