Queenstown-gevangenes weer in hegtenis geneem

Argieffoto

Argieffoto

Twee van die vyf gevangenes wat Saterdag uit Queenstown-polisieselle in die Oos-Kaap ontsnap het, is Sondag weer in hegtenis geneem.

“Die gevangenes het Saterdag omstreeks 17:30 ontsnap terwyl polisiebeamptes besig was met ʼn skofruiling,” het lt. Namhla Mdleleni, woordvoerder van die polisie, gesê.

Kholekile Gqomfa (40), Malusi Nobopha (22) en Mark Mantirimani (28) is nog steeds op vrye voet. Hulle is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Athenkosi Nqabisa (26) en Godfrey Beets (22) is die twee persone wat weer in hegtenis geneem is.

Bykomende klagtes wat verband hou met die ontsnapping uit wettige aanhouding, word by die bestaande aanklagte gevoeg.

“Enigiemand met meer inligting word versoek om lt.kol. Paul Oranje te skakel by 082 779 7247,” het Mdleleni bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris W ·

Ongelooflik hoe agterlosig polisie beamptes is.Ek glo egter daar is omkopery op die spel en die polisie beamptes daar moet ondersoek word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.