R1 000 000 vir inligting oor transitoroof aangebied

Argieffoto

Die transitomaatskappy SBV het ʼn allemintige R1 miljoen as beloning aangebied vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming van verdagtes wat betrokke was in ʼn transitoroof waarin twee van SBV se veiligheidswagte doodgeskiet is.

In ʼn verklaring op sy webwerf sê die maatskappy die voorval het Vrydag in Tsolo, naby Mthatha, in die Oos-Kaap plaasgevind.

“Twee wagte is tragies doodgeskiet terwyl hulle aan diens was. Die bestuurder van die voertuig is ongedeerd, maar ʼn onbevestigde hoeveelheid geld is gesteel,” lui die verklaring.

SBV het bygevoeg dat die maatskappy nou met die polisie saamwerk in die ondersoek. “Ons bied ʼn beloning van R1 miljoen aan vir inligting wat kan lei tot die suksesvolle inhegtenisneming en vervolging van die aanvallers betrokke in die voorval.”

SBV het bevestig dat berading aan kollegas en familie van die oorledenes aangebied word.

Kapt. Edith Mjoko, woordvoerder van die polisie, het Saterdagoggend aan Maroela Media bevestig dat niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie.

Volgens Mjoko word daar beweer dat die verdagtes ná die aanval te voet van die toneel gevlug het.

Sake van gewapende roof en moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chris Ws ·

hel hulle vlug te voet en kan steeds nie gevang word nie??Dit is tekenend van die SAP se samewerking met kriminele.

Danie ·

Hierdie klink soos ń inside job drywer is ongedeerd gelaat….klink soos die roof wat in Nelspruit by die riverside mall gebeur het paar jaar terug…

Hennie ·

Waar is ou groot Bheki nou? Beslis n afname…afname in kommentaar deur n klomp vlak ANC pionne wat net twak praat!

Corine ·

Ja wel so 23 jaar terug het ek my verloofde, ook werksaam by SBV, in roof verloor. Tot vandag toe is dinge doodgevee en GEEN berading is aan kollegas of familie verskaf nie@@!!!!! Ken jul pyn. Sterkte aan almal en jul is in my gebede

Sue ·

My storie is al af gesaag maar ons ken ook die seer, die gevoel van ongeloof. My jong swaertjie sal die jaar al 17jaar dood wees en ek herleef nog ELKE KEER daardie dag oor en oor met ELKE transito roof. Hyt net vir die outydse Fedility gewerk, CIT gery. Toe het hulle nog sulke treurige kombi tipe bussies gery. NET hy was dood geskiet, execution style, niemand se lewens was ooit weer dieselfde daarna nie. Geen geld was gevat nie, daar was nie eers geld in die bussie nie. Sy dogtertjie was maar 3 maande oud. Ons almal het agter gebly, my klein sussietjie was maar 19 en n weduwee en selfs Fedility het nie eers berading aangebied nie. Niks het geword van die saak nie, sweet blue bogerol. Die mense van enige CIT maatskappy het regtig die mees ondankbare, gevaarlikste werk waarvan baie mense nog tot onlangs bewus was. My hele hart huil saam die slagoffers se agtergeblewenes…

Corine ·

Dit is verskriklik Sue!! Jammer oor jul verlies. Mens is nooit weer dieselfde nie. Ek was 19 gewees, vandag gelukkig getroud met kids maar die seer sal nooit weggaan nie. Sterkte

Sue ·

Eks vreeslik jammer vir jou verhaal ook Corine, dit is VERSKRIKLIK seer. Ek sal nooit in my lewe daardie tyd en dag vergeet nie en ek is maar net die sussie van due weduwee. Dit het ons hele gesin uitmekaar geruk en ek glo julle ook. Soos jy se, mens trou en ja die lewe moet aan gaan maar dis altyd dejavu. My klein niggietjie het 17 geword die jaar, sy was maar 3 maande oud toe haar Pa so ongevoelig vermoor is. As dit n “shootout” was, sal dit dalk beter gewees het om te aanvaar maar naby gelee was oog getuies wat gehoor het die rowers skop en slaan hom en vra hom HOEKOM moet hulle hom nie skiet nie maar het sy antwoord dat hy n nuwe babatjie en vrou het wat hom nodig het, afgelag en gese “is not good enough” toe skiet hulle hom agter die oor.. Mag hulle ewig brand in die hel.

Marinda ·

Sterkte aan die families en naasbestaandes.

Corine, jammer om van jou verlies te hoor. Al is dit so lank terug. Dit kon nie maklik gewees het vir jou en sy familie nie.

Ek bid elke dag vir die mense, dis maar ñ gevaarlike ondankbare werk en nie almal is skelm nie.

They will find the quilty no matter how long it takes. And justice will be served.

Sinies ·

Die Transkei is die wilde weste, vrag word van die afleweringsvoertuie afgegooi terwyl hulle ry.
Slegste ondervinding tot dusver is met polisie self net buite Mthatha, rigting Natal.
Kriminele nes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.