R1.4 miljard-tender toegeken om skip te bou

Rob Davies, minister van handel en nywerheid tydens die bekendstelling van 'Aukwatowa' as deel van die projek tussen Kaapstad en Port Nolloth  Foto: Smit Amandla Marine

Rob Davies, minister van handel en nywerheid tydens die bekendstelling van ‘Aukwatowa’ as deel van die projek tussen Kaapstad en Port Nolloth Foto: Smit Amandla Marine

Suid-Afrika se skeepsbouvenootskap SMIT Amandla Marine en Damen Shipyards Cape Town het ʼn tender van R1.4 miljard bekom wat ongeveer 500 poste sal skep en die plaaslike bedryf sal bevorder.

Die vennootskap gaan twee vaartuie bou om verskaffing- en ondersteuningswerk te lewer aan die De Beers-groep se diamantmynbedrywighede in Port Nolloth in die Noord-Kaap, het Rob Davies, minister van handel en nywerheid, gesê.

“Die aanskaffing van sleepbote sal ʼn groot bydrae lewer om beleggingsmoontlikhede te skep en wys dat daar geen behoefte is om oorsee vaartuie aan te skaf wanneer ons ons eie plaaslik kan bou nie,” het hy bygevoeg.

Davies was Donderdag by ʼn geleentheid waar een van die vaartuie, Aukwatowa, bekend gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andre ·

Ai tog…hoeveel belading betalers se geld gaan die slang in die gras verslind???

GES ·

Ek hoop die projek gaan voltooi word en die geld nie iewers langs die pad gesteel word nie.

nico ·

Watch this space oor 6 maande nadat bou werk begin is is die bedrag 3 keer soveel.Slim kind het weer n fout gemaak.

Herman ·

Mense ontspan. Dis De Beers, n privaat maatskapy wat nou in London sit. Dis nie n staatsgesubsideerde organisasie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.