R1 m. beloning vir inligting oor rooftog

Een van SBV se voertuie

Een van SBV se voertuie

Die transitomaatskappy SBV het ʼn reuse beloning uitgeloof na ʼn rooftog Maandag in Witbank, Mpumalanga.

Die maatskappy sê ʼn aansienlike bedrag geld is by die SBV-kontantsentrum deur ʼn onbekende aantal rowers gesteel. “SBV kan bevestig dat ‘n rooftog Maandagoggend by die SBV-kontantsentrum in Witbank plaasgevind het… [en dat die maatskappy] ‘n beloning van R1 miljoen aanbied vir inligting wat kan lei tot die suksesvolle arrestasies en skuldigbevinding van die skuldiges, “het die maatskappy in ‘n verklaring gesê.

Enige lede van die publiek wat inligting het oor die voorval kan die maatskappy kontak by 083-408-7029.

In September 2006 is vier SBV-veiligheidswagte dood nadat ’n geldwa aan die brand gesteek is tydens ʼn transitorooftog. Dit is as die wreedste en grusaamste transitorooftog in die geskiedenis van Suid-Afrika beskryf.

In Augustus 1996, in die grootste kontantrooftog tot nog toe in Suid-Afrika, is R31,4 miljoen van SBV gebuit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anon ·

29 sep 2006 sal ons nooit vergeet het 2 van di sbv geken wat dood gebrand het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.