ʼn Vermeende dwelmhandelaar is by die Kaapstad- Internasionale Lughawe glo met heroïen ter waarde van ongeveer R1 miljoen betrap.
Sicelo Mkosi, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, het gesê die persoon is aangekeer ná ʼn wenk ontvang is. “Snuffelhonde het poeierstof opgespoor wat bevestig is as 3,254 kg heroïen. Die heroïen was in drie pakkies in die verdagte se leer aktetas versteek.”
Die verdagte was op pad na Europa op ʼn direkte vlug van Kaapstad toe die dwelms gevind is.
“Doeanebeamptes het die dwelmmiddels aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig vir verdere ondersoek. Die verdagte is in hegtenis geneem.”
- Foto verskaf deur die SAID
- Foto verskaf deur die SAID
- Foto verskaf deur die SAID
- Foto verskaf deur die SAID
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
As gevolg van hierdie, weet nie wat nie,raak al hoe meer gebruikers can verdowingsmiddels by geweldsmisdaad betrokke
Dank aan die wenkgewer. Sulke persone MOET geldelik beloon word. So sal dwelm-smokkelaars meer aan die pen kan ry! Die “verdagte” moet sommer n maand aangehou kan word, voor enige hofverskyning!
Ja nee dis maar dom om sobaie dwelms op een slag te transport
Baie dankie vir die goeie werk vir almal betrokke dit is baie goeie nuus. ‘n Hele paar lewens word hier gespaar met die dwelms van die straat af. As almal maar net op ander plekke buite die lughawe so bekommerd was oor dwelms.
21 Lande in die wêreld gee die DOODSTRAF vir dwelmhandelaars!
Waarom?
Hulle vermoor massas mense!!!
… eers sterf die gees van die dwelmslaaf
… daarna sterf die liggaam genadiglik!
En baie vriende en familie word saamgesleep in die moeras van verslawing in.
Die gemeenskap betaal ‘n baie duur prys vir delmslawe …. misdaad, mediese koste ens.
Wanneer gaan SA die DOODSTRAF instel vir dwelmhandelaars (massamoordenaars)?