R1 miljoen se onwettige sigarette gevind danksy wenk

(Foto: SAPD)

Polisiebeamptes in Noordwes het ʼn vragmotor wat meer as R1 miljoen se onwettige sigarette vervoer voorgekeer en ʼn verdagte in hegtenis geneem nadat hulle ʼn wenk oor die onwettige vrag ontvang het.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes in Madikwe het inligting ontvang dat twee voertuie, ʼn BMW en ʼn rooi Golf, ʼn vragmotor vergesel wat vermoedelik gekaap is. Die beamptes het die vragmotor op ʼn grondpad naby die Moubana-nedersetting buite Madikwe opgemerk en versterking ontbied toe hulle besef die vragmotor word deur vier voertuie vergesel.

(Foto: SAPD)

“Toe die verdagtes bewus word van die polisie se teenwoordigheid, het die vier voertuie van die toneel gevlug en die vragmotor agtergelaat. Die vragmotorbestuurder is voorgekeer. Vyf insittendes kon daarin slaag om te hardloop en in die bosse in te vlug, maar die bestuurder van die vragmotor is in hegtenis geneem,” sê Myburgh.

Bokse onwettige sigarette met ʼn geraamde waarde van R1 166 000 is in die vragmotor gevind. Die 43-jarige bestuurder is aangekla in verband met oortreding van die Wet op Uitvoerbeheer. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Thelsa ·

Die polisie kry ‘n wenk, organiseer hulleself om die wenk op te volg, voer dit uit en slaag om slegs 1 persoon aan te keer. Was daar net 1 SAP lid teenwoordig? Nee wat. . Dit raak net meer pateties.

Iemand ·

Dit hang af hoe lank terug hul die wenk gekry het. Miskien was dit maar net n paar minute sedert iemand ingebel het en gesê het hul sien n vragmoter wat dalk gekaap is, en die radio uitsending uitgestuur en ontvang is seur polisielede wat uit was op patrollie. Daai polisielede is helde. Hul lewens was in gevaar. Hoe moet 2 polisiemanne in n kar hulself beskerm teen die insittindes van 4 karre en n trok? Ek twyfel of jy beter kon doen. So indien jy nie self iets kan doen nie, hou maar jou kritiek vir jouself.

Ellendig verby ·

Inderdaad. “Another hot pursuit that went up in smoke!”
Polisie vang deesdae net ‘n koue.

Hannetjie ·

Dankie vir die wenk…gee vir die ou ‘n karton Paul Revere…en ons wil sien hoe brand hierdie onwettige sigarette

SjN ·

Sal graag die resultate van die polisie manne se fiksheid uitslae wil sien indien dit nog n vereistes is.

Ig ·

Hulle was seker almal gerook gewees? Weggehardloop, dit gebeur te gereeld??

Maljan ·

Wel, ongeag hoeveel sondebelasting op drank en sigarette gehef word, gaan mense steeds rook en drink. Verminder die sonde belasting en kyk hoe verminder die onwettige invoere. mense ry ook gereeld oor die grense om drank te gaan koop en petrol in die buurlande waar dit minder belas word

Marinda ·

Hulle moet dalk die sigarette toets, dis dalk net in sigarette verpaking, maar iets heeltemal anders binne in. Hoekom 4 motors gebruik om ñ trok wat gekaap is te vergesel wat net sigarette bevat?

albert Marais ·

Aan “iemand” dit klink so of jy een van die 2 sogenaamde polisielede was wat hier genoem word. Nogal baie inligting van jou kant

Vlakvark ·

Polisie kan ook niks sonder n wenk doen nie…. jy moet hulle n pad kaart teken met tenminste 3 kleure vetkruit ook om vir hulle sin te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.