R1 miljoen vir kiekies van amptenare

Phumulo Masualle. Foto: GCIS

Phumulo Masualle. Foto: GCIS

Die departement van gesondheid in die Oos-Kaap het naastenby R1 miljoen opsy gesit vir 1 520 geraamde foto’s van premier Phumulo Masualle en Pumza Dyantyi, LUR van gesondheid, by al sy gesondheidsfasiliteite.

“Die tender is verlede maand geadverteer,” het Siyanda Manana, die departement se direkteur van kommunikasie, Donderdag gesê. “Die tender is nog nie aan iemand toegeken nie, en ons het nie ʼn amptelike bedrag gespesifiseer nie. Ons het wel die R1 miljoen opsy gesit vir die drukwerk van die foto’s en die rame. Ons is pas deur die bie-proses en weet nog nie wat dit presies gaan kos nie. Die geld is dus nog nie bestee nie.”

Manana het verduidelik dat die regering oor die langtermyn geld gaan bespaar, aangesien die rame dekades gaan hou en nie vervang hoef te word nie. Slegs die foto’s van die amptenare hoef vervang te word wanneer ʼn nuwe premier of LUR aangestel word.

“Alle regeringsdepartemente het hul eie begrotings vir soortgelyke projekte en vertoon foto’s van hul leiers,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

Goeie nuus: Almal wat siek en sat sit en wag vir ure, gaan nou weet hoe lyk die honorable members wat die oorsaak is van hulle gesukkel.

Nina ·

Goeie flokkie…my rame van plekke soos Click, FotoFirst ens, hou ook darem al meer as 10 jaar! My printer is spesifiek vir foto’s (R2800) en sy ink so R1000 elke 3de maand. Ek print letterlik HONDERDE foto’s, elke maand. WTF??!!!

Lindie Lourens ·

Volgens die berig is die tender nog aan niemand toegeken nie. Nina, hier is jou kans om ‘n paar rand te maak en nog vir die res van die land ‘n hele paar rand te bespaar. Ek is ernstig. Of is jy nie familie van een van die ministers nie? Ag nee, dan staan jy nie ‘n kans nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.