R10 m. se kontrak om drie skootrekenaars te vind

Argieffoto

Argieffoto

Die staat se inligtingstegnologie-agentskap (Sita) het glo ‘n tender van R10 miljoen aan Mzwandile Petros, voormalige Gautengse polisiehoof, se maatskappy toegeken om drie gesteelde skootrekenaars te vind, berig die Sunday Times.

“Die minister [toe Lindiwe Sisulu], die voorsitter en ek het ‘n besluit geneem om die maatskappy aan te stel, hoewel die maatskappy nie in ons databasis is nie, aangesien ons iemand met ondervinding in die polisie nodig gehad het- iemand wat die inligting vinnig kan koppel en iemand wat ons kan vertrou,” het Freeman Nomvalo, uitvoerende hoof van Sita, aan die koerant gesê.

“Jy moet verstaan dat die inbraak nie net suiwer misdaad was nie. Dit is deur hoogs opgeleide mense gedoen,” het Nomvalo gesê.

iFirm, Petros se maatskappy, is in Maart aangestel om ‘n inbraak by Sita se kantore in Centurion te ondersoek. Die inbraak was op 28 Februarie en drie skootrekenaars is gesteel.

Die maatskappy is kort nadat hulle die kontrak gekry het R3 miljoen betaal. Dit nog voor hulle ‘n belastingnommer gehad het. Petros het dit aan die Sunday Times bevestig.

Nomvalo wou egter nie aan koerant sê wie het voorgestel dat Petros se maatskappy gebruik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Demokraat ·

Hierdie besluit van tender-toekenning is net nog verdere bewys van die gebrek aan insig en wysheid waaroor die ANC-owerheid beskik – daar bestaan geen begrip vir en korrelasie tussen koste en prestasie nie.

vra maar net ·

En waar is die twee rekenaars nou?
Teen R10 000 per skootrekenaar kon 1000 nuwes aangekoop word.

Gerhard Bezuidenhout ·

Weereens n bewys hoe korrup ons Polisie is .Petros was die voormalige Gautengse polisiehoof en nou is hy by n skandaal betrokke want R10m is n enorme bedrag om drie rekenaars te vind. By wat was hy nog betrokke. Geen polisieman kan vertrou word nie.Dit is n skande.

Oubaas ·

Julle verstaan nie. Daar was baie belangrike goed op die 3 rekenaars. daarom is die klomp geld betaal om die rekenaars ten alle koste terug te kry.
Dit was vol prentjies wat nog nie klaar ingekleur was nie !!!!!

Alex ·

Daar was inligting op van hoe hulle ons verder kan beroof!! En natuurlik is nie hulle eie geld nie….so geen probleem nie, sodra hulle nie geld het nie sal die belasting betalers maar weer moet opdok.

liefmykids ·

Watse inligting is op die rekenaars dat dit teen alle koste terug gekry moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.