R10 miljoen se gekaapte produkte in Pta gevind

(Foto: SA Polisie)

Polisiebeamptes het ʼn gekaapte vragmotor, wat sop en ontsmetmiddels ter waarde van R10 miljoen vervoer het, in Lynnwood, Pretoria gevind.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê die ondersoek het beamptes na ʼn perseel gelei waar die vragmotor gevind is. “Agt verdagtes is in hegtenis geneem en van die produkte is herwin,” het hy gesê. “Die vragmotor is na bewering verlede week in Midrand gekaap.”

In nog ʼn voorval in Pretoria is ʼn sakeman in hegtenis geneem op aanklag van handeldryf met vervalste goedere en bokse sigarette is op sy perseel aangetref. “Die trio- en dwelmtaakspan het Dinsdag in Erasmia inligting opgevolg oor inligting wat ontvang is oor vervalste goedere en sigarette wat verkoop word. Die eienaar het die polisie toegelaat om die perseel te deursoek,” het Makhubele bygevoeg. Beamptes het op verseëlde en oop bokse sigarette afgekom. “Die eienaar is in hegtenis geneem. Hy staan tereg op aanklag van die verkoop van vervalste goedere.”

Die persone, wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Michael 1 ·

Ek kan net lag die trio experts vreeslik belangrike polisie neem ek aan is die beste wat die klomp in blou het nou gebruik hulle dit om die zuma’s se sigarette besigheid aan die gang te hou ,pleks daarvan om die ernstige misdade te te ondersoek en regte misdadigers te arresteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.