R100 000-beloning aangebied ná moord

Jürgen Rombouts Foto: Pretoria-Noord Rekord

Jürgen Rombouts Foto: Pretoria-Noord Rekord

ʼn Gedenkdiens word Vrydag vir Jürgen Rombouts (27), ʼn voormalige leerling aan Hoërskool Akasia in Pretoria, gehou nadat hy onlangs by sy huis in Strand in die Wes-Kaap doodgeskiet is, berig Pretoria-Noord Rekord.

Rombouts is verlede Vrydagmiddag in die oprit van sy huis doodgeskiet toe hy op pad was werk toe. Sy verloofde was saam met hom in die motor, maar is ongedeerd. ʼn Rooi Nissan-bakkie het glo in sy motor vasgery en ses skote op hom gevuur.

Rombouts se pa, Jan, is die voorsitter van die Raad van die Belgiese Kampus in die noorde van Pretoria. Hy glo sy seun is uit weerwraak geskiet omdat Jürgen ʼn ooggetuie was van ʼn huisbraak wat vroeër vanjaar plaasgevind het. Jan bied ʼn beloning van R100 000 aan vir enige inligting wat tot die suksesvolle vervolging van sy seun se moordenaar kan lei.

Rombouts het by Kaapstad Internasionale Lughawe gewerk.

Die gedenkdiens word in Wonderpark, Pretoria gehou.

Volgens die koerant ondersoek die polisie ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Klik hier om die oorspronklike berig te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.