R100 000 beloning uitgeloof vir dié man

‘n Beloning van R100 000 is uitgeloof vir dié man.

ʼn Beloning van R100 000 is Dinsdag uitgeloof vir enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van ʼn man kan lei in verband met ʼn moord in die Johannesburgse sakesentrum in 2014.

Die liggaam van Xolani Xabashe (30) is in die vroeë oggendure van 2 Junie 2014 in sy kamer in die Colloseum-woonstelblok op die hoek van Kruis- en Commissionerstraat in die middestad aangetref.

Volgens kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, is Xabashe destyds verwurg en deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Mbele verduidelik ʼn spesifieke verdagte word sedertdien in verband met die moord op Xabashe gesoek. Dié man is destyds met ʼn sak wat aan die oorledene behoort op beeldmateriaal vasgevang.

Volgens Mbele het dié man op 1 Junie 2014 met Xabashe se televisiestel by die woonstelblok probeer uitkom. Hy kon egter nie daarin slaag nie aangesien hy nie ʼn strokie van eienaarskap daarvoor kon wys nie.

Die man het met Xabashe se sak op die vlug geslaan en is sedertdien soek.

Die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om enige inligting rakende die man by speurkonstabel Lindiwe Mbatha by 076 770 5766 óf by 011 497 7255 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

? leser ·

@alie, stem saam en foto/prentjie is ook nie van die duidelikste nie

Willemien ·

Soek in die tronke, hulle weet nie wie sit daar en wie reeds losgelaat nie! ‘No controle’ maklik om daar weg te kruip, kry nog kos ook! XxX

Jean ·

Ja nee kan nie glo hulle soek nou so verbete nie…waar gaan hulle hom kry!
Net in SA waar jy daagliks amper net kan lag en jou hande saam slaan vir hoe dinge gedoen word.

Michael ·

Hahahaha net in Suid Afrika kan so iets gebeur op die foto is seker n ou pel by n hotel geneem more vang hulle die ou en siedaar R100000.00 word gou gedeel den hy is ook deel van die pakkie en al sy docs raak weg.

Melanie ·

Voordat ek enige inligting sou deurgee sal ek eers bankwaarborg vra vir die R100 000. Die betaler daarvan kan ‘zuma’ of ‘gupta’ wees.

Ekke ·

As beeldmateriaal “destyds” beskikbaar was, hoekom dit nou eers, 5 jaar later, beskikbaar stel… wat probeer wie bereik – hy lyk lankal nie meer dieselfde nie. Spandeer eerder die beloning om Plaasmoorde te help oplos… regtig mense !

Iemand ·

Ek dink hy word seker gesoek inverband met iets anders ook….iets nog meer ernstig as die moord in die berig

Robert Naude ·

As hy net die berig wil lees behoort hy homself oor te gee vir die losprys.

Dorothy ·

Hier in Jhb is baie mense wat so lyk. Dis bietjie moeilik.

Gert van Wierdapark ·

Daar moes seker iets baie waardevol in die sak gewees het om so ‘n bedrag as beloning uit te loof, asook wie dit uitloof.

jannie ·

DAMNIT……..ek kan doen met die geld maar daars 7500 wat so lyk!!

Justice ·

Sonder die nodige photoshop beligting sal die skuldige net positief aan sy baadjie uitgeken kan word.

Jerry ·

Dit is hoe die gesig van die anc lyk sonder n mombakkies op!

Wie weet ·

Amaizinf n 100 000 rand maar vir die moord op ons plaas mense word daar nooit n beloning gegee nie

Andre ·

Ek is bly om te sien dat daar nou aan 2014 se dosiere gewerk word……….moontlik kan my vrou binnekort ‘n boodskap kry oor haar huisroof saak………dink ek het ‘n beter kans om swanger te te raak op 71

Pensioenaris ·

Ha-ha, lyk soos die outjie wat in my tuin werk. Het ook n pers/bruin baadjie en n blou sak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.