R100 000-beloning vir inligting oor polisieman se moordenaars

Argieffoto

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) doen ʼn beroep op lede van die publiek in Kaapstad en omliggende dele om inligting te deel wat kan lei tot die inhegtenisneming van die persone wat ʼn polisiebeampte op 12 Desember 2017 vermoor het.

ʼn Onbekende getal persone het gepoog om ʼn vrag wettige perlemoen, wat per vragmotor van Gansbaai na Kaapstad Internasionale Lughawe vervoer is om uitgevoer te word, te kaap.

Ao Carel Dewald de Does, van Hermanus-polisie, was nie aan diens nie, maar het die vragmotor begelei. Hy is op die N2 doodgeskiet net voor Spineweg-afrit.

“Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, kapt. Ludwev Durrbaum, kontak by 082 469 2185. ʼn Beloning van R100 000 word uitgeloof vir inligting wat tot die suksesvolle vervolging van die oortreders kan lei,” het kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

chris ·

Nou wanneer word daar enige beloning aangebied(al is dit klein) vir die plaasmoorde.
Nee sal nie gebeur

Spike ·

Chris ek stem saam. Waar is die beloning vir plaasmoorde. Boere sorg dat mense met vol magge gaan slaap. Solank dit onregverdig is het ek geen simpatie.

Verward ·

Ek is natuurlik ongelukkig oor elke polisieman wat vermoor word, maar dit krap my dat die leiers in hierdie land dink die lewe van ‘n polisieman is meer werd as die van die gewone burgers. Elke keer as ‘n polisieman vermoor word is hulle “up in arms”. Vir die gewone mens word die skouers net opgetrek.

Foxi ·

Wat van die gewone man in die straat wat vermoor word. Is hulle niks werd nie? Pateties man…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.