R100 000-beloning vir inligting oor polisiemoord

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

ʼn Beloning van R100 000 is uitgeloof vir enige inligting wat kan lei tot die suksesvolle vervolging van die persone wat ʼn polisiekonstabel in Erasmia, Centurion vermoor het.

“Die beampte het Vrydag reageer op ʼn oproep van ʼn huisroof wat aan die gang was toe hy drie keer in die bolyf geskiet is,” het lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die verdagtes het in ʼn blou Audi A4 met Gauteng-nommerplate gevlug.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting om na vore te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.