R100 000 borgtog ná bedrog by munisipaliteit

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto.

ʼn 51-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met bedrog, is vrygelaat op borgtog van R100 000, het die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in Noordwes Donderdag gesê.

“Kholiwe Moses Janda het Dinsdag in die landdroshof in Potchefstroom verskyn in verband met sy beweerde betrokkenheid in tenderbedrog ter waarde van meer as R1 miljoen by die JB Marks-munisipaliteit,” het kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, gesê.

Ongeveer R1,7 miljoen is na bewering in Mei 2018 in die verdagte se bedryfsrekening inbetaal. Die saak is daarna by die Valke aangemeld en ʼn ondersoek is van stapel gestuur.

“ʼn Ondersoek deur die eenheid vir ernstige handelsmisdade het aan die lig gebring dat geen dienste wat die verdagte se maatskappy verskaf het, die betaling regverdig nie. Janda is op 24 Januarie 2019 by sy huis in Soweto in hegtenis geneem,” het sy bygevoeg.

Die saak is tot 5 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.

Nog inhegtenisnemings sal waarskynlik volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Ja nee wat. Met so “meevallertjie” was die borgtog geen probleem vir die mater nie.

Willie ·

Nou wonder ek? Korrektiewe dienste se baas kry R20 000 borgtog? Vreemd?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.