R100 000 vir inligting oor dié man

Dorobo Rodney Tshivula word deur die polisie in Limpopo gesoek in verband met ‘n moord. Foto: Verskaf deur SAPD

Die polisie in Limpopo bied ʼn beloning van R100 000 aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van ʼn hoogs gesoekte voortvlugtende moordverdagte van dié provinsie.

Dorobo Rodney Tshivula (31) is reeds sedert 17 September verlede jaar op vrye voet en kon tot op hede daarin slaag om die polisie te ontduik. ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik nadat hy op dié dag versuim het om in die hooggeregshof in Thohoyandou te verskyn.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê Tshivula is oorspronklik in hegtenis geneem in verband met die moord op sy lewensmaat, Suzan Mabala (29), in 2017. Mabala is op 19 April 2017 deur haar familie by die polisie as vermis aangemeld nadat sy uit haar huis in die Phadzima-nedersetting, wes van Thohoyandou, verdwyn het.

Ná ʼn wekelange soektog is haar ontbindende liggaam op 13 Mei 2017 in ʼn beboste gebied gevind. “Ná hierdie skokontdekking het lede van die gemeenskap op ʼn verwoestingstog gegaan, paaie versper en die plaaslike polisiestasie afgebrand. Dit het gelei tot die inhegtenisneming van 21 mense op aanklagte van onder meer openbare geweld,” sê Ngoepe.

Tshivula is later op aanklag van moord in hegtenis geneem en in die Dzanana-landdroshof op borgtog vrygelaat. Hy het egter nie vir sy volgende hofverskyning opgedaag nie en is nou langer as vier maande soek.

“Die polisie bied ʼn beloning van R100 000 aan vir enige inligting wat tot sy inhegtenisneming en gevolglike skuldigbevinding kan lei,” sê Ngoepe.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, kan ao. Rambelani George Mutavhatshindi by 082 702 9890 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel. ʼn SMS kan ook gestuur word na 32211.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Bernard Hellberg ·

Borgtog vir moord? Histeries snaaks, maar hulle leer nooit ?

Sarie ·

Dis wat gebeur as moordenaars op borgtog vrygelaat word. Hoe werk hierdie regstelsel?

Johan H. ·

Selfde as die man wat vermoor is in sy motorhuis. Nou vra ek as die judge se kind vermoor word sal die bail ook R1000.00 wees?

marous ·

Gaan vra vir die landdros wat hom op borg uitgelaat het om hom na ure te gaan soek

James ·

Maar die KFC ouens nie eens borgtog gekry nie….. hou van die gelykheid in hierdie land!!!!

Antoinette ·

Dit gebeur klokslag. Hof gee borg maar die Polisie moet hulle weer gaan soek. Pateties!!!!

Gert ·

Net in die vorige berig word vertel van die 3 wat gearresteer is vir die moord op die man wat ‘n motorfiets wou verkoop, en nou op R1000 borgtog vrygelaat is. Hoe kan ‘n moordverdagte enigsins borgtog kry, en dan net R1000? Nou word ‘n beloning van R100000 aangebied om hom op te spoor! Hoe klop dit??

Elvira ·

SAPS julle HET hom in aanhoudi g gehad en julle gee hom Borgtog? Ai ek sal nooit kan verstaan hoe dit moontlik is dat iemand wat moor borgtog kry nie.

Uiltjie ·

Julle het hom dan gehad!!! Seker maar oor die grens by familie in Zim, Zam of Mos.

Rita ·

R100000 beloning! Wie betaal vir hierdie beloning? Seersekerlik die belastingbetaler. En hoekom is die saak so spesiaal dat n beloning uitgeloof word? Hoekom kry ander moordsake nie ook sulke belonings nie?

PIPPIE LANGKOUS ·

Lagwekkend!!! Kom op borgtog uit…Watse landros is nou weer omgekoop??? Tragies… En 2dens??? R100 000.00 beloning vir net een moord??? Wat van die plaasmoorde???

Thinus Erasmus ·

Vir 99% van die land se kriminele het die GEREG (die SAP, die hof en die “korrektiewe” dienste) ‘n onwillige vennoot van misdaad geword! Hulle kan dit nie meer keer nie, maar dit hou hul aan die werk en belasting, boetes, bortog en kostes hou net die wielietjies aan die rol. En so nou en dan word iemand gestraf – ons sal nie uitbrei wie word behoorlik gestraf, en wie nie.

Thinus Erasmus ·

Om jouself en gesin te beskerm is konserwatief (conservative – conserve)
Om jou gemeenskap te beskerm is konserwatief
Om jou waardes, tradiesie en kultuur te bewaar is konserwatief
Om jou regte en voorregte met wette en reels in te perk tot voordeel van jou sameleweing is konserwatief
Om oortreders daarvan te staf is konserwatief
Daarteen om die individu te beskerm en bevoorrreg teen die samelewing is liberaal
Om reels en wette om die regte van die individu te hervorm is liberaal
Om oortreders die voordeel van die (nee NIE twyfel) menseregte te gee is liberaal!
Soos in hierdie geval kan dit dan baie eenvoudig beredeneer word dat liberaal nie die antwoord is vir gewone wetsgehoorsame mense nie:
Konserwatief – gooi hom in die tronk
Liberaal – laat hom gaan vir ‘n skamele borg, dan kyk ons eers of dit regtig hy was, of hy regtig wou en besef het wat hy doen is verkeerd, of dalk nie ‘n goeie rede gehad het nie. As hy verdwyn is dit sy goeie reg en as hy dalk weer die wet oortree kon niemand dit voorsien nie!
Gou-gou handjies was in die lekker liberale watertjies.
Hoekom is konserwatief dan ‘n vloekwoord?
(En daar is ‘n groter kans dat ek die Lotto wen as dat MM dit sal plaas.)

MS ·

Borgtog vir moord en verkragting word toegestaan, soms so min as R500. Maar asseblief, moet tog nie ‘n “rasistiese” opmerking maak of jouself verdedig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.