R100 000 vir sleepdood-kapers

Taegrin Morris Foto: Twitter

Taegrin Morris Foto: Twitter

Die polisie het Dinsdag die beloning verdubbel wat hulle uitgeloof het vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die vierjarige Taegrin Morris se moordenaars.

“Ons het die beloning van R50 000 na R100 000 vermeerder,” het kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, gesê.

Taegrin is Saterdagaand dood toe hy kilometers ver buite sy ouers se gekaapte motor gesleep is. Hy het in sy veiligheidsgordel verstrengel geraak toe sy ma hom wou uithaal, en die kapers het met hom weggejaag. Sy ouers is in Reigerpark gekaap en die motor is later in Boksburg opgespoor. Taegrin was reeds dood.

Kweza het gesê die polisie is vol vertroue dat iemand binnekort in hegtenis geneem sal word. Sy versoek die gemeenskap om nie die reg in eie hande te neem nie. Sy wou nie kommentaar lewer oor berigte dat een van die vermeende kapers in ʼn uitkenningsparade geïdentifiseer is nie. Sy het Dinsdag berigte ontken dat ʼn man, wat aan die kaping verbind word, homself aan die polisie oorhandig het. Sy sê ʼn man is ondervra, maar is nie in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Julie ·

Dis siek!! Geen geld sal daai kind kan terugbring nie. Bring die doodstraf terug en al die gespuis sal uitgeroei word!!!

AmY ·

Sleepdood-kapers? Nee, hulle is gevoellose moordernaars, en klaar!!!

Nou gaan hulle tronk toe gaan en lekker op ons belastinggeld verder studeer, ‘gerehabiliteer word’ en aangaan met hulle lewens aan die buitekant, terwyl die ouers sonder hulle kind moet aangaan met die lewe.

Marietjie ·

Bring asseblief die doodstraf terug en stel belonings beskikbaar vir inligting oor plaasmoorde ook.

Debbie ·

Psigopatiese mense moet uitgeroei word wortel en tak! Word hulle in die tronke gegooi dan voer ons nog die skuim

Debbie ·

Psigopatiese mense moet uitgeroei word wortel en tak! Word hsulle in die tronke gegooi dan voer ons belasting gelde nog die skuim VERHONGER HULLE sodat hulle self na die dood smag en uitsien

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.