R100 miljoen-opgradering van polisiestasie veroordeel

Hoe die stasie tans lyk. Foto: Skermskoot/Google Maps

Die DA het gesê die R100 miljoen wat opsy gesit is vir die opgradering van die Muizenberg-polisiestasie in die Wes-Kaap maak dit duidelik dat die polisie nalaat om polisiehulpbronne te bestee aan areas wat dit regtig nodig het.

Mireille Wenger, DA-LPW en voorsitter van die staande komitee oor gemeenskapsveiligheid, het gesê sy het parlementêre navrae aan die provinsiale polisiekommissaris gestuur om uit te vind watter polisiestasies op hul prioriteitslys is in dié provinsie en of dié lys aan die departement van openbare werke beskikbaar gestel is.

“Terwyl onderhoud en verbetering aan die huidige Muizenberg-polisiestasie wel nodig is, kan níks die besteding van R100 miljoen regverdig terwyl die omliggende areas regtig polisiëring nodig het nie.”

Volgens Wenger het Arno Lamoer, die voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris, in 2014 die Khayelitsha-kommissie van Ondersoek toegespreek en beloof om ʼn nuwe polisiestasie in die informele nedersetting Makhaza te bou.

“Dit het egter steeds nie gebeur nie. Daar word berig dat die departement van openbare werke nog nie enige versoeke van die SAPD ontvang het om enige nuwe stasies in en om die stad te bou nie,” het Wenger gesê. Dit kom terwyl die woordvoerder vir die departement onlangs gesê het R100 miljoen is begroot vir die ontwikkeling van die Muizenberg-polisiestasie omdat dit op die polisie se prioriteitslys is.”

Volgens Wenger is dit totaal onlogies om grootskaalse opgraderings te doen in ʼn area waar slegs 27 moorde verlede jaar aangemeld is teenoor Nyanga en Khayelitsha waar soveel as 440 moorde in dieselfde tydperk aangemeld is.

“Die DA in die Wes-Kaap sal aanhou werk maak daarvan om te verseker dat mense die geleentheid gegun word om in ʼn veilige omgewing te leef,” het Wenger gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

cor ·

Daai opgraderings kos waarskynlik 1.5 to 2,5 miljoen maar as almal se hanterings fooi en bak hand by gelas is kom dit op R10 miljoen , die begrotings bedrag is waarskynlik deur n regte syfer skyfer opgestel.

cor ·

Korreksie R100 miljoen en ‘n syfer skuifer wat weet om met syfers te toor.

snoefie ·

opgraderings van R100miljoen. . . vrek. n nie bbbee kontrakteur sal seker veertig nuwe polisiestasies daarmee kan bou. die belaglike bedrae wat a la bbbee bestee word is kommerwekkend.

tamboti ·

Nee, 10milj. vir die werk, en 90 vir naamsverandering, soos bv. Muizenkandla.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.