R1,2 miljard vir BBP’s, maar polisiestasies bly gebreke

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die buitensporige bedrag wat aan BBP-beskerming spandeer word, is skandalig, terwyl talle polisiestasies landswyd nog ʼn groot tekort het aan hulpbronne, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se jaarverslag vir 2015/16 het aan die lig gebring dat uitgawes vir BBP-beskermingsdienste met 18% verhoog het van R977,9 miljoen in 2014/15 tot R1,16 miljard in 2015/16, het Zakhele Mbhele, woordvoerder van die DA, gesê.

“Hierdie buitensporige bedrag om die uitvoerende elite te pamperlang, en die verhoging sedert laas jaar, is skandalig, veral wanneer mens die chroniese toestand van polisiestasies oor Suid-Afrika heen in ag neem,” het hy gesê.

“Die SAPD word gekenmerk deur ʼn gebrek aan hulpbronne, personeel, toerusting en opleiding, en dit het ʼn direkte impak op hul vermoë om hul mandaat uit te voer om Suid-Afrikaners veilig te hou. Daar is nie net gewoonlik te min beamptes werksaam op stasievlak nie, maar hulle het ook ʼn gebrek aan basiese toerusting soos voertuie, radio’s en beskermingstoerusting om hul werk te doen.”

Mbhele het gesê die geld kon aangewend word om hierdie stand van sake in die polisiediens aan te spreek, waarop miljoene Suid-Afrikaners steun om hul veilig te hou.

“Vanjaar se misdaadstatistiek het gestyg sedert verlede jaar, en dit is angswekkend, en dit moet dringend aangespreek word om ons mense te beveilig. Ons mense, eerder as politici, moet eerste gestel word,” het hy bygevoeg.

“Die bedrag wat aan BBP-beskermingsdienste gespandeer word, wys dat die leierskap van die SAPD se prioriteite in 2015/16 skeefgetrek is en dit wil voorkom of hulle meer besorg is om die BBP’s te beskerm en rond te ry, as om die geld te spandeer aan beter personeel, toerusting en opleiding.

“Hopelik sal die “terug na die basiese”-benadering van die nuwe waarnemende nasionale kommissaris hierdie finansiële jaar ʼn merkbare verskil wys van hierdie tipe spandabelrigheid. Polisieminister Nathi Nhleko sal uiteindelik aanspreeklik gehou word vir die uitgawes vir programme en items wat nie noodsaaklik is om gewone Suid-Afrikaners te beskerm nie,” het Mbhele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hendrik ·

Dis hoekom studente gratis onderwys soek, die regering het dan geld om uit te gee soos hierbo genoem

lettie ·

Vat hul vas. Hul het n arrogansie soos hul met belastingbetaler se geld omgaan en dink hul kan wegkom met dit.

Dirk ·

Ek was lyfwag vir De Klerk van 92 tot na verkiesing in 94. Ons budget was verspot gewees. FW het ñ 15 jaar oue Mercedes gery en ons as bodyguards het 3 liter Ford Sierras gery. Nou ry bodyguards X5we ens. Eish, they are to very much smart these days….

Zirk ·

Kan enige “comrade”, komrat, tog net vir ons verduidelik waarom moet die menigte hoëlui so beskerm word en hoekom en waarom.? Vir WIE of WAT is hulle BANG.? Is dit nie net nog ‘n Afrika gewoonte om tog net vir die onderdane te wys hoe BELANGRIK sekere individue is nie.?

CHRISTA ·

Ek wil ook weet vir WIE en WAT is hulle bang! Hulle (die ANC) spog dan dat hulle kamma misdaad afgebring het!!! Weer eens word hulle liegstories ontbloot!!!

Raymond Bastone ·

AiAiAi!!” Hulle is pateties lag vir hulle want hulle kan nie eers die studente in toom hou nie

John ·

Dit laat hulle belangrik voel. Dis maar al. Die grootste grap is dat die ANC dan glo sosialisme en kommunisme aanhang, maar hul is meer oordadig as in die mees kapitalistiese stelsels. Waar in die wereld word sosialisme in elke geval werklik uitgeleef? Die ideologie is eintlik net ‘n wysvinger-mentaliteit wat opgedis word wanneer witmense geteiken word.

Max ·

Sedert Jan van Riebeeck hier geland het , het die polisie in die RSA nog nooit die oorvloed hulpbronne tot hul beskikking gehad soos vandag se nuwe SAPD. Die polisie in die RSA het het egter nog nooit so kritieke tekort aan integriteit, kundigheid en profesionaliteit gehad soos vandag nie.

MDP ·

Ja, SAPD het te min voertuie, maar word steeds gebruik vir inkopietogte?! En opleiding? Waarvoor is die polisiekollege daar?! Of is polisieopleiding se slaagstandaard nou ook so laag soos skole s’n?! En wat van kwalifiseer vir aanvaarding volgens kriminele rekords?!

Lance ·

Die wierdabrug stasie in Centurion was seker in 1990 laas geverf ..die plek lyk afgeleef en vuil. Iemamd het teels in die gange probeer lê …die cheapste teels wat nou al so verweer is en natuurlik gladnie bedoel was vir die hoeveelheid voete elke dag nie …so die ou geldtjie wat daar is word nog verkeerd en sonder enige kundigheid aangewend …wys maar net hoe onbevoeg die mense maar eintkik is

Willie ·

Ja en die nuwe polisie glo mos vas dat Jan van Riebeeck n olie smous was, dit word verweer toe hy in dei kaap aankom, het hy gese- Kyk of die dromme daar is…

Sarie ·

Nee o hell iemand sal nou met begin optree!!! Dit is absouut skrikwekkend!! Alles in die polisie val uitmekaar, misdaad skiet daagliks die hoogte in, ons normale mense leef in tronke in ‘n poging om ons lewens en eiendom te beskerm, ons druk behoorlik elke dag elke stukke geld so hard dat Nelson Mandela se oe begin traan om tog net uit te kom, of liewers om tog net te probeer om darem elke dag kos op die tafel te sit. Mijloene mense het nie elke dag kos om te eet nie en dan moet ons na sulke statstieke kyk!!!! Ek het dit al gese maar ek se dit weer: Ontbind die Suid-Afrikaanse Polisiediens en stel n private polisiediens aan!!

Johannes Meintjes ·

Staats en SAPD spandering moet na mening ernstig en dringend hersien en doeltreffend gerig word ten goede van almal in SA. Tans eskaleer gewapende huisrowe met twee moorde die afgelope maande steeds in die Kameeldrift (Oos) GPF gebied. Maar SAPD besteding laat nie toe vir opleiding of bronne om die GPF en burgerlike beskerming met erns op te skerp nie? Polisie Reserviste steeds al vir maande nie aanwendbaar a.g.v. opleiding wat net nie plaasvind!

Jan ·

Belaglik in die ekstreem.
Wys my iemand in hierdie land wat so belangrik is dat daar soveel, of enigiets hoegenaamd, op sy/haar veiligheid bestee moet word.

Sê maar net ·

Die wat lieg, bedrieg, korrup is, lee beloftes maak……………… hulle is bang dit haal hulle in dis hoekom hulle so baie spandeer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.