R12 miljoen-dwelmvonds by OR Tambo

Die sakke efedrien wat op 24 Januarie 2016 by OR Tambo Internasionale Lughawe gevind is Foto: SAID

Die sakke efedrien wat op 24 Januarie 2016 by OR Tambo Internasionale Lughawe gevind is Foto: SAID

ʼn Reisiger van Tanzanië is Sondag met dwelmmiddels ter waarde van meer as R12 miljoen by OR Tambo Internasionale Lughawe betrap.

“Die 36-jarige, man, wat twee groot tasse gedra het, is versoek om sy bagasie op die skandeerder te plaas by die doeanepunt,” het Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, in ʼn verklaring gesê. “Doeanebeamptes het 10 deurskynende plastieksakke opgemerk wat ʼn wit kristalagtige middel bevat het.”

ʼn Ondersoek het aan die lig gebring dat die 10 sakke efedrien bevat.

Die sakke het altesaam 40.20 kg geweeg met ʼn geraamde straatwaarde van R12 060 000.

“Die man is aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorgegee. Hy sal na verwagting binnekort in ʼn hof verskyn,” het Memela bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dee ·

Die feit dat sulke roekelose kanse gevat word beteken waarskynlik dat ander dit regkry.

Liewe Heksie ·

wragtag ek is seker daarvan jy moet eers n paar snuifies van iets vat om die moed he om so iets te try En die wat wel deurkom moet n kontak op lughawe he om wel die dwelms te laat deurkom

Cheryl ·

Hoe het hy in die eerste plek deur Tanzanie se doeane gekom?

Retief ·

Sit hom agter tralies en voer hom elke dag ‘n driedubbele dosis van sy middel sodat hy gou kan voel hoe dit voel om deur dié goed verniel te word. Skouerkllop vir die manne by doeane wat sulke ouens uitvang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.