R12 miljoen in passasier se bagasie gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is naweek op die King Shaka Internasionale Lughawe in Durban vasgetrek oomblikke voordat hy glo die land met meer as R12 miljoen kontant in sy bagasie sou verlaat.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het ʼn wenk ontvang dat ʼn passasier die middag uit die land sou vertrek met ʼn groot bedrag Suid-Afrikaanse geld in sy bagasie sonder om dit by doeane te verklaar soos hy wetlik verplig is om te doen.

“Die polisiebeamptes het ondersoek ingestel en bepaal op watter vlug die passasier sou wees. Die man was reeds op die vliegtuig op pad na Dubai toe die beamptes die lugredery by die lughawe genader het en gevra het dat die man en sy bagasie van die vliegtuig verwyder word,” het Mbhele gesê. Die beamptes het die man se sewe sakke bagasie geskandeer en kontant in al die sakke gevind.

“Die sakke is in die teenwoordigheid van die passasier oopgemaak en altesaam R12 229 200 is in die sakke gevind,” het Mbhele gesê. “Die 30-jarige man is in hegtenis geneem en hy sal vandag in die Verulam-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jakes ·

Snaaks dat van King Shaka na Dubai is, dis mos Zuma se provinsie en sy vriende nou in Dubai?

Louia ·

Hoe kom jy in die eerste plek verby die doanes met SEWE sakke sonder dat dit gescan was??????

Speedguard ·

VRA ek ook ………………..ek ruik nie net ‘n dooie rot nie maar ‘n hele vark !! Hulle noem dit tcho-tcho !! Ek dink daar was R13m , na betaling die ongelyke getal !!

Sparra ·

Vra ek ook met trane in my oë, maar dit verklaar seker hoekom dit R12 229 200 is en nie R12 300 000, R70800 omkoopgeldjies betaal, soos die renosterhorings wat deur doane in windhoek is, hulle moet daai cctv materiaal bekyk!

Denise ·

Sal dit nou sy bonus wees of het hy die Lotto gewen nee kyk hier gan darem Baie geld uit die land !!!! Die land van melk en heuning vir hoe lank nog!!!!!

hoe nou ·

Die geld kom nie dalk uit ‘n huis met ‘n bunker wat opslae gemaak het oor sy firepool. Sorry my fout dit is die VBS bank wat oppad is na Dubai om n tak daar te open met al die 12 apostels lidmate se geld .

kat ·

ag dis zuma se vrind en gupta se neef hy sal wel weer iemant omkoop langs die pad

Sonet Smit ·

Dit is dwelmgeld afkomstig van matriek rage die afgelope week

John ·

Dubai hou skynbaar van misdadigers. As hulle nie hier deur doeane vasgetrek word nie, dan word hulle daar skynbaar sonder moeite deurgelaat. Te lekker. Klink na familie se familie se streke…

Wilhelm ·

Ek wil nie meer iets kwytraak nie, want my kommentaar verdwyn soos mis voor die moreson . Dankie vir daardie uitgesprokenes wie se woorde nie wegraak nie!!!

Frik ·

Daar is net een antwoord daarvoor, iemand wat vir iemand geld uit moes vat. Maar dit sal nooit uitkom as daardie persoon te veel mense op regeringsvlak ken nie.

Frik ·

Daar is net een antwoord daarvoor. Die persoon wat gevang is moes vir iemand geld uitvat., maar sal gou uit wees op borg en dan uit die land uit. Ook sal die ondersoek n stadige dood sterf indien die eienaar van die geld kontakte het op regerings vlak. En baie belangrik ook gaan ons oor n paar maande lees die geld is uit een of ander kluis gesteel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.