R120 m om hospitale 11 maande lank van krag te voorsien

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het van verlede jaar April tot middel Februarie vanjaar R120 929 367,85 aan brandstof vir kragopwekkers bestee.

Dié stewige bedrag is genoem in antwoord op ʼn parlementêre vraag wat die DA in die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer aan die Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, Nomafrench Mbombo, gestel het.

Die LUR het ook onthul dat daar in die eerste 47 dae van 2023 meer aan brandstof vir kragopwekkers bestee is as in April, Mei én Junie verlede jaar. Dit is tekenend daarvan dat die probleem al erger word, sê Gerrit Pretorius, DA-woordvoerder van gesondheid in die Wes-Kaap.

“Hierdie syfers demonstreer duidelik die werklike menslike koste van ons gebrekkige kragnetwerk,” sê Pretorius.

“Hoewel ek bly is om te sien dat die departement met innoverende oplossings vorendag kom om ons openbare gesondheidsektor teen die ergste beurtkrag te beskerm, is dit duidelik dat die gebruik van ʼn gediversifiseerde netwerk die enigste manier is om ʼn blywende oplossing vir die probleem te bied en beurtkrag permanent te beëindig.”

Maroela Media het vroeër vandag berig Eskom is gedwing om fase 5 beurtkrag in te stel nadat vyf opwekkingseenhede vroeër die dag die gees gegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wynand ·

N hospitaal het n groot dak oppervlakte sit Solar daarop en spaar brandstof

Republikein in die Wes Kaap ·

Privaat hospitale en skole maak reeds so. Bly maar duur vir die staat.

Nico ·

Die cANCer regering word vry gestel van beurt krag, hospitale wat ‘n belangrike taak verrig moet saam met die beurtkrag malligheid werk, stel die hospitale vry van beurtkrag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.