R13 miljoen vir vullisverwydering, maar geen dienste nie

Argieffoto (Foto: Pere Serrat/Pixabay)

Die Demokratiese Alliansie in Bloemfontein is baie besorg oor die Mangaung- metro-munisipaliteit se kontrakte wat hy met 16 klein, medium- en mikro-ondernemings (KMMO’s) hernu het wat aangestel is om tot 30 Junie 2024 noodvullisverwydering te doen teen ʼn bedrag van R13,6 miljoen.

Dirk Kotze, adjunkvoorsitter van die DA-koukus in die Mangaung-munisipaliteit, sê dié kontrakte het ten doel gehad om buurte op te ruim wat geraak word deur voortgesette munisipale stakings en probleme weens betalingsdispute tussen munisipale beamptes. “Die dienste is egter nie gelewer nie en inwoners ly gesondheid- en omgewingsgevolge.”

DA-raadslede word oorval deur klagtes van ongelukkige inwoners oor die risiko’s wat vullis, wat nie verwyder word nie, vir hul welstand inhou. “Die situasie het sommige inwoners genoop om onwettig vullis te stort of om privaat kontrakteurs te huur om huishoudelike vullis te verwyder. Ondanks die daaglikse publikasie van vullisverwyderingskedules, word die inwoners deurlopend deur die gebrek aan dienslewering teleurgestel.”

Die DA wys die vinger na Lawrence Mathae, wat as hoofbestuurder van Solid Waste Fleet Management bedank het, dat hy die KMMO’s se kontrakte hernu het sonder om die nodige prosesse te volg.

“Die DA sal ook die nasionale kabinetverteenwoordiger versoek om ondersoek in te stel of die KMMO’s beskikbaar was vir deur-tot-deur vullisverwydering en waarom die dienste nie gelewer is terwyl die munisipale beamptes gestaak het nie.”

Kotze sê die wyksraadslede, buurtverenigings en burgerlike organisasies het reeds die afgelope naweek die inisiatief geneem om oop ruimtes en begraafplase skoon te maak. “Die afwesigheid van die waarnemende stadsbestuurder Tebogo Motlashuping, wat verligting van sy pligte versoek het weens gesondheidsredes, het die situasie vererger. As ʼn party wat hom daartoe verbind om verandering landswyd teweeg te bring, maan die DA alle inwoners om te registreer om vir die 2024- nasionale en provinsiale verkiesing te stem. Die DA sal voortgaan om die nasionale ingrypingspan aanspreeklik te hou vir hul beloftes oor dienslewering en ons hoop dat die munisipaliteit vinnig sal optree om die dringende probleme rondom vullisverwydering in Bloemfontein te takel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JvR ·

Die grootste euwel in ons regering, of een van die grootstes is tenders. Ek weet van een om net koekies sunlight seep te verskaf. Natuurlik opgeblaasde pryse.

Pannies ·

Wat n gemors.
Die belastingbetaler se geld word na willekeer uitgedeel.
Nogal in die gees van regstellende aksie.

Harley Davidson ·

Regstellende aksies was korrek na 94 maar in 2023 is dit diskriminasie teen minderhede.

Hannes ·

Dit gaan oral so. Ons betaal die dienste en Mun doen niks. Ek dink ons moet begin om die rommel voor Mun kantore af te laai. Glo egter nie dit sal hulle pla.

Papsak ·

Ja hulle kry vet pay maar swartsakke le maande voor dit op getel word watse dienslewering is dit

Lillian ·

Tenders, tenders, tenders, een van die grootste vloekwoorde van ons tyd!

whatever ·

Alle kulture heg nie ewe veel waarde aan ‘n estetiese omgewing nie. As dit vir jou nie prioriteit is nie dan gaan jy nie dink dit is nodig nie.
Gaan stap rond in nedersettings om Bfn – dit is om van naar te word.
Dit is ‘n futiele oefening om te dink dit gaan verander.

Henry ·

Gaan damp dit binne in die Mun kantore. Die goed is dood eenvoudig sleg .

Spook ·

Op Saterdag, die 15de April, het ons as inwoners van Universitas met ons bakkies, sleepwaens en onsself onder leiding van ons raadlid, die vullis wat al VIER weke op straat lê, bymekaar gemaak. Die buurt het ‘n groot rommelhouer gehuur en al die sakke daarin gegooi. Hy was baie vinnig vol, maar die strate is skoon. Ons het wel op heelwat muise en rotte tusen die gemors afgekom. Ongelukkig is daar van ons mede-inwoner(ek kan hulle nie bure noem nie) wat nie juis veel let die reels wat betref vullisverwydering nie. Daar het dus baie sakke vol tuinvullis op die strate agter gebly. Tuinvullis is nie die verantwoordelikheid van die munisipaliteit nie.

Amelia ·

Stem nie ten volle saam nie wat van die sypadtjies wat inwoners skoon maak gsras sny ens waar moet daa gras heen ek maak alreeds sypadtjie skoon ga nie nog wegry en daarvoor btaal om by stortingterein te betaal nie ek dink van ons doen alreeds baie om te help vee tot straat voor my huis tel papiere op buite erf so dink dit is genoeg ek gooi bv gras lw net gras in my askan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.