R1,4 miljard vir Kaapstad-spoorlyn

Fikile Mbalula (Februarie 2020) (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Donderdag aangekondig R1,4 miljard sal spandeer word om Kaapstad se sentrale spoorlyn te herstel. Dienste sal intussen op die spoorlyn opgeskort word en eers in April 2021 hervat.

Mbalula het gesê 80 busse sal vanaf Julie beskikbaar gemaak word aan pendelaars wat gewoonlik van die betrokke spoorlyn (van Kaapstad-sentraal tot Chris Hani-stasie in Khayelitsha) gebruik maak.

Die spoorlyn is verantwoordelik vir ongeveer 40% van die stad se pendelaarverkeer, maar die toerusting en infrastruktuur “is onherstelbaar gevandaliseer”, het Mbalula aan die media gesê.

Volgens hom het Prasa ongeveer R170 miljoen spandeer om substasies en oorhoofse kabels te herstel, maar nog werk is nodig om die spoorlyn weer funksioneel te maak. “Die spoorlyn is weens dié uitdagings vir pendelaarverkeer gesluit en seker te maak dat herstelwerk kan begin,” het hy bygevoeg.

Prasa sal oor die volgende drie maande “orde en sekuriteit” herstel en oor die volgende ses maande sal projekte van stapel gestuur word wat tot dusver agterweë gebly het. Dit sluit die konstruksie van vier meter hoë mure in om infrastruktuur te beskerm en as ʼn grens te dien vir spoorweggrond.

Die sentrale lyn is geteister deur herhaaldelike vandalisme en brandstigting en dele van die lyn is verlede jaar gesluit met aanvanklike planne om dit binne ses maande weer oop te maak.

Mbalula het gesê hy het begrip vir passasiers se frustrasie. “Soos wat ons die treine herstel, sal ons met ons mense gesels.”

ʼn Beperkte diens sal na verwagting in September beskikbaar gemaak word tussen Kaapstad se middestad en Philippi.

Die sentrale lyn vervoer gewoonlik ongeveer 220 000 passasiers, maar dit het tot 95 000 afgeneem toe van die dele gesluit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nie Verbaas ·

Die grappe hou net nie op nie. Toerusting en infrastruktuur gevandaliseer. Gaan lyn nou herstel. Hulle gaan dit net weer doen!!

Johan Venter ·

En na die spoorlyn herstel is, moet julle die busse herstel, dis nou daardie wat nie uitgebrand is nie.

Genade, waar gaan die regering NOU die geld vandaan kry? Pensioene is dan al klaar vir Eskom geoormerk, hoe nou?

En nou is my ysterwiele geheel en al pap, my vlerke hang, maar vlieg moet ek vlieg.

Heeelp!

Hennie ·

Hahahaha dagdromer! Dis helemal te min en buitendien, julle wat die ANC is sal heelwat meer cash-in-transit rowe moet uitvoer net om salarisse te betaal…

Johan Venter ·

Kyk hierdie mense weet net van miljarde, niks van ponde, sjielings of pennies nie. Nou lag ek so lekker uit die maag uit dat die winde sommer so rits!

Jaco ·

Meer as ‘n jaar totdat ‘n spoorlyn wat 99% our people bedien, uiteindelik klaar is. Vreemde manier wat our people omgee vir our people…

antieke antie ·

ja want dis seker ons mense wat dit vernietig het….jinne kriminele is iemand se kinders

Moedeloos ·

Laat hul stap waar hul wees dan sal hul ophou om af te brand en te vernietig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.