R14 miljoen bewillig om kleinskaal-boere te help

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Provinsiale landboudepartemente het R14.7 miljoen rand bewillig om droogteverligtingshulp aan kleinskaal- en bestaansboere te lewer, het die departement van landbou, bosbou en visserye Woensdag gesê.

Die departement het gesê die fondse word gebruik om in dringende behoeftes te voorsien, soos voer vir diere en waterbronne, asook om bewusmakingsveldtogte op te skerp. “Provinsies wat as droogte-rampgebiede verklaar is moet dan hul rampbefondsingsversoeke by die Nasionale Tesourie indien deur die nasionale rampbestuursentrum,” het die departement gesê.

Volgens die departement is die vyf provinsies wat die ergste onder die droogte gebuk gaan die Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en KwaZulu-Natal. Tot op hede is slegs die Noordwes en die Vrystaat as rampgebiede verklaar.

“Die departement moet nog ʼn geskrewe bevestiging van rampverklaring van KwaZulu-Natal ontvang en in die ander provinsies is die proses nog aan die gang.”

Die departement het intussen die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en die Landbank genader vir moontlike bystand. Beide instansies het aangedui hulle het planne om die betrokke boere te help, het die departement gesê. Die planne sluit onder meer ongesekureerde lenings in.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

neelsie ·

Dit is maar n druppel in die emmer.(as die geld by die regte mense uitkom)
Hoop die regering besef die erns van die toestand.

Martin ·

Daar moet sekerlik nog geld beskikbaar wees. Zuma het dan ‘n Boiing van R480 -Miljoen gekry.

Thea Gerber ·

Kleinskaalboere en Bestaansboere!
Wat beteken die woorde? Met ander woorde, net die boere wat op klein skaal op groot plase (wat hulle verniet gekry het en tot niet laat gaan het) boer.
Bestaansboere is die wat net genoeg produseer om self van die opbrengs te bestaan.
Die regte boere wat kos aan die bevolking van ons land voorsien, kry geen hulp nie.
Die boer met 5 koeie, kry hulp en kos sodat hy vir sy ‘kudde’ kan voorsien, maar die boer met 200 koeie wat vleis bemark, kry geen hulp nie.
Dit is nie asof alle boere in groot weelde leef nie, die meeste van al die boere (behalwe nou die Mega-boere) maak ook net-net ‘n bestaan.
In alle opsigte suig ons aan die agterspeen.
Daar is geen hulp vir ons nie, want ons is mos ‘ryk’
As al hierdie middel groep boere boere wat nie bestaansboere of Mega-boere is nie, ondergaan sal dit nie ‘n vaal kol aan ons regering maak nie.
Wonder net of hulle besef dat die Mega-boere minder as 40% van die land se voedsel produseer?
Die ander deel kom van die boere wat nie ‘bestaan’ nie, altans nie vir ons regering nie.
Volgens hulle kon die boere verseker het. Natuurlik verseker ons vir die graanoes, ons moet, want ons skuld geld, maar ons kry net ons insetkoste terug, nie ‘n duit daarvan gaan in die boer se sak in nie. Hoe verseker ‘n mens weiding?

Ruby ·

Iemand koop binnekort vir hom ‘n nuwe X5.

Ons regering kan net nie vertrou word nie, hulle het dit al oor en oor bewys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.