R1,4 miljoen se gesteelde diesel herwin

Foto verskaf deur die Valke

Drie verdagtes, tussen 28 en 43 jaar oud, sal na verwagting Dinsdag in die Vosman-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde diesel.

Die drie persone is Maandag in Witbank in hegtenis geneem.

Kapt. Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het gesê beamptes het inligting ontvang dat die twee verdagtes na bewering in besit is van diesel wat uit Transnet se pyplyn in Mpumalanga en in die Vrystaat gesteel is.

“Die span het by die verdagtes se adres afgekom op twee vragmotors vol diesel, ter waarde van R1,4 miljoen, en ʼn kragopwekker,” het Sekgotodi verduidelik. “Verdere ondersoek het hulle ook gelei tot ʼn leë petroltenkwa en verskeie houers wat diesel bevat het.”

Die ondersoek duur voort. Verdere inhegtenisnemings kan nie uitgesluit word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kokerboom ·

Dis absolute sabotasie. Slaan hul met ALLE mag wat reg mag uitoefen. Maak ‘n voorbeeld van hul

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.