R155 miljoen van Nkandla-argitek geëis

Nkandla

Nkandla

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het ‘n siviele eis van R155 miljoen teen die argitek Minenhle Makhanya en die departement van openbare werke ingedien rakende die verbeterings wat by president Jacob Zuma se Nkandla-woning gedoen is, berig die SABC.

Volgens die SABC het Makhanya en die departement 20 dae om om die eis teen te staan en te verdedig.

Die SOE sal na verwagting volgende week sy verslag oor die Nkandla-verbeterings aan Zuma oorhandig.

Volgens die SABC het die departement van openbare werke aangebied om Makhanya as die “hoofagent” van die Nkandla-projek aan te stel maar dat die aanstelling onregmatig was aangesien daar nie ‘n tenderproses was nie.

Makhanya het glo ook verdere opgraderings en aanbouings goedgekeur wat nie deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die weermag voorgestel is nie.

Volgens hofdokumente het die departement van openbare werke teen Desember 2013 nagenoeg R216 miljoen in die verband uitbetaal.

Daar word verder aangevoer dat Makhanya die projek sonder die nodige magtiging uitgebrei het nadat hy goedkeuring gegee het vir die oprigting van strukture wat nie met veiligheid verband hou nie.

Die Sunday Tribune het die naweek berig dat Makhanya die kontrak gekry het om Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini se agtste paleis te ontwerp.

Dit is nog nie duidelik hoeveel Makhanya hiervoor betaal gaan word nie.

Thuli Madonsela, openbare beskermer, het in Maart vanjaar ‘n verslag vrygestel waarin bevind is dat Zuma en sy familie onbehoorlik gebaat het by die opgraderings aan Nkandla.

In die verslag het Madonsela aangevoer dat Makhanya R16,5 miljoen betaal is vir die Nkandla-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ek wonder ·

Wie is so dom dat miljoene R se verbeterings by jou huis aangebring word en jy is nie bewus daarvan nie! Nee wat, dit klink te veel na die Gupta-sage. Ons kruip alweer weg agter ‘n ander ou se ruggie.

Eben ·

zuma gaan skotvry kom, en skuil agter iemand anders. Hy sal nie pa staan en ook verantwoordelikheid neem. Maar wat verwag jy van iemand wat net Grd 3 het?

Ben ·

Dit raak nou duidelik watter strategie Zuma beplan om homself uit die Nkandla skandaal te wikkel…. die spesiale ondersoek eenheid wat deur hom aangestel is begin nou al voorbrand maak om die geld te verhaal vanaf die argitek en die department van openbare werke. Nerens is daar egter enige aanduiding dat die politici verantwoordelikheid gaan aanvaar nie…..nie Zuma nie, ook nie die destydse ministers van polisie, staatsveiligheid of openbare werke wat kliphard saamgespan het om die belastingbetaler se geld te vermors.

Babs ·

Net nog een van hulle. Kan daar dan niks in die ANC gebeur sonder korrupsie.

Marley ·

Die een is so korrup soos die ander en JA, Zuma moes geweet het, gerieflikheidshalwe moet iemand anders nou PA staan vir hom.

alet ·

Weet Zuma hoeveel is n miljoen want ou Mackie doen dan al sy dinge hy dink ook vir hom want hy kan tel en lyk vir my ook nie lees nie haahahaah kry vir julle

Willie ·

Is daar enige plek in die wêreld waar sommiges vinniger miljoenêrs word as in hierdie verdomde land?
Jammer dit is nou miljardêrs. Beweeg net na aan ou Zuma, lek sy tokkels af en toe en jy is gewaarborg met ‘n astronomiese pensioen.

Christa ·

Hoekom moet die wit vrouens wat pensioenarisse se geld “gesteel’ het, tronk toe gaan, maar die belastingbetalers wat wit en swart insluit, word gesteel deur die president tot sy eie voordeel!!!!!!! Wonder maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.