R16 miljard verlies weens droogte

droogte

Foto: Skymetweather.com

Suid-Afrika se landboubedryf het ongeveer R16 miljard verloor weens die droogte wat talle boere in die land geraak het.

Senzeni Zokwana, minister van landbou, het weer gesê ondanks die verliese gaan die regering nie ʼn nasionale ramp afkondig weens die droogte nie, en hou vol dat die situasie in sommige gevalle verbeter, danksy ingryping deur die regering en nie-regeringsorganisasies.

“Ons het onlangs gesien, terwyl ons beramings gedoen het om te bepaal hoeveel graan ons moet invoer, dat ons ongeveer 7,2 miljoen ton gaan kan oes, en ons sal dus 1,8 [miljoen ton] wit mielies en 2,7 [miljoen ton] geel mielies moet invoer,” het Zokwana gesê. “Ons is besorg oor die komende winter, so daar is planne beraam. Ek dink nie ʼn nasionale ramp sal ons help om nou ons werk te doen nie.”

Zokwana het gesê dit sal ʼn negatiewe invloed hê om ʼn nasionale ramp af te kondig, aangesien die land se banke dan nie in die bedryf sal wil belê nie. “As jy dit doen, sal die banke hul blootstelling in landbou in terme van toekomsbeplanning wil verminder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Michael ·

Wanneer is dit dan ‘n nasionale ramp vir die regering wanneer KFC nie meer hoender het nie?? Wat is die bog nou oor die banke, pleks vra hulle Agri sa die kundiges wat weet wat in die landbou aangaan.

NEL ·

Mense, dis maklik om die een met die banke te verstaan. Hulle wil nie help met droogte hulp nie, aangese deur die regering van die dag, dan is dit mos nou makliker om die boere van die grond aftekry, Die boere word klaar deur die droogte in die grond in vertrap. Maar ek het nuus vir die klomp wat grond wil vat, oorlog sal die orde van die dag wees.

william ·

die ANC sien dit as n manier om plase te verkry. Hul praat net van voedselsekerheid as dit hul pas maar onderliggend wil hul he die boere moet bankrot speel. Die nasie is nie een nie. Ons het in 94 gestem om alles te deel maar niks te ontvang

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.