Die departement van vervoer in KwaZulu-Natal benodig R17 miljard om in te haal op instandhoudingswerk op die provinsie se paaie, het die Mercury Vrydag berig.
Die koerant berig Willies Mchunu, LUR vir vervoer, het gesê sy departement se totale jaarlikse begroting van R9 miljard is onvoldoende vir die instandhouding van 7 400 km paaie in die provinsie.
Mchunu het aan die wetgewer in Pietermaritzburg gesê 80% van die provinsie se paaie gaan vinnig agteruit omdat die paaie reeds hul 25 jaar leeftyd oorskry het. “Terwyl ons beter vaar as ander provinsies, is 43% van ons paaie in ʼn slegte toestand. Dit is baie hoër as die wêreldwye maatstaf van minder as 10%,” het hy gesê.
Prioriteit ne ! Ons sal moet kyk watter paaie eerste opgeknap gaan word. Ek wonder hoe lyk die paaie na ons nuwe ‘sleutel punt’ N’Kandla. Dit gaan waarskynlik heel eerste aandag geniet.
Die maniere waarop belasting geld aangewend word raak al hoe interresanter. Die stories waarvoor hulle geld benodig raak ook al hoe beter !
Stem saam met die stories. Wonder maar net wat word van die heffings wat op die petrol is.Waar word dit aangewend. Seker ook ……..
Die paaie in KZN is pragtig in verlyking met wat ons het hier in die Vrystaat