R1,7 miljard se goedere by grensposte gekonfiskeer

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het sedert die begin van 2018 goedere en kontant met ʼn gesamentlike waarde van R1,7 miljard by verskeie grensposte gekonfiskeer.

Die SAID het in ʼn verklaring gesê dit sluit namaaksels van klere en skoene ter waarde van R1,4 miljard, onwettige dwelmmiddels ter waarde van R171 miljoen, viagra en generiese vorms daarvan ter waarde van R40,4 miljoen, bedreigde spesies soos perlemoen ter waarde van R13,9 miljoen, sigarette ter waarde van R33,3 miljoen en R52,9 miljoen kontant in.

Oor dieselfde periode verlede jaar is daar goedere ter waarde van R1,6 miljard gekonfiskeer.

Beyers Theron, waarnemende hoof van doeane en aksyns by die SAID, het gesê alhoewel die suksesse beduidend is, glo hy die afdeling kan nog meer doen om die onwettige ekonomie te bekamp. “Ons moet na neigings en patrone begin kyk en meer strategies optree in die manier hoe ons dié risiko’s bestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johanna Botha ·

Wat van al die onwettige mense wat die land instroom oor die NIE grense !

Koosamon ·

Die goedere eindig steeds in die land, al wat anders is, is die eienaars van die gekonfiskeerde goedere…

Wessel ·

As dit by grensposte so gaan, hoeveel goedere word op plekke waar daar nie grensposte is nie oor die grens gesmokkel. Geen beheer?

Susan ·

Ag please!! kastig gekonfiskeer!!? Seker hulle vat aldi goedere virhulle self. Twyfel of dit ooit vernietig word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.