R1,7 miljoen vir KFC, Nando’s en hotelle

Argieffoto (Foto: KFC, Facebook)

Simon Mofokeng, burgemeester van Emfuleni- plaaslike munisipaliteit (Vanderbijlpark) wat ook ʼn lid van die ANC is, word deur die Demokratiese Alliansie daarvan beskuldig dat hy R1,7 miljoen spandeer het aan KFC, Nando’s en hotelle.

Kingsol Chabalala van die DA het Donderdag beweer dat Mofokeng tot dusver R1 772 549.28 aan KFC, Nando’s en rekeninge by die Shakespeare Inn-hotel spandeer het.

“Burgemeester Mofokeng het, as ANC-burgemeester van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit (Vereeniging), tussen 2011 en 2015 ongeveer R1,1 miljoen spandeer voordat hy as burgemeester van Emfuleni ontplooi is, waar hy tussen November 2015 en April 2017 ʼn verdere R629 000 spandeer het.”

Volgens Chabalala is die “skokkende uitgawes” deur Paul Mashatile, LUR vir samewerkende regering, bekend gemaak in ʼn reaksie op ʼn vraag van die DA in die Gautengse wetgewer.

Chabalala voer aan burgemeester Mofokeng se eise vir luukse hotelverblyf en sy aptyt vir kitskos, is bykomend tot vreemde brandstofeise wat vir sy privaat motor ingedien is, asook motorhuur, ondanks die feit dat hy ʼn amptelike burgemeestersmotor het.

“Die DA het Mashatile se kantoor versoek om ʼn gedetailleerde uiteensetting te verskaf, insluitend bedrae en fakture van die ANC-burgemeester se kredietkaarteise. Sy verkwisting is teenstrydig met Barbara Creecy, LUR vir finansies, se uitlatings oor spaarsamigheid en besnoeiing op luukse hotelverblyf en kitskos.

“Emfuleni-munisipaliteit is in ʼn finansiële verknorsing, en tog blyk dit of burgemeester Mofokeng van die ANC nie sy uitgawes besnoei nie. Die burgemeester se luukse leefstyl is ʼn groot kontras teen die uitdagings wat inwoners van Emfuleni daagliks in die gesig staar.

“Dit is hoog tyd dat die ANC hom afdank.”

Mofokeng en Mashatile was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johann Marx ·

Nee….nie “tyd om hom af te dank nie”….tyd dat hy begin terug betaal…en DAN afgedank word!!

lvh ·

Ek wonder of hy nog deur die hotel deure pas? Hierdie is n direkte bewys van hebsug, magsbelus en vraatsig

Munisipaliteite ·

Ek het dit dat Emfuleni beide Vanderbijlpark en Vereeniging is plus nog ses “Townships”. Die kontakbesonderhede is wel Vanderbijlpark.
Sedibeng is die munisipaliteite Emfuleni, Midvaal en Lesedi met kontakbesonderhede in Vereeniging.
Dus was Mofokeng nie net burgemeester van V’d’b’park en Vereeniging maar oor ‘n heelwat groter gebied tydens sy aptyt vir luukshede.

Magda ·

Hy is n Lid van WIE (ANC) – kon dit verwag het, is net daar om hulle self te verryk

ken benoni ·

Hou hom net uit hysbakke, laat hy trappe klim by die hotel want volgens die bedrae genoem is daar verseker ‘n massa probleem! Wonder hoe lyk die
Bloeddruk?!

Jordaan ·

Ek weet nie van sy bloeddruk nie, maar myne raak gevaarlik hoog elke keer as ek lees hoe gaan amptenare tekere met ons geld!

charmaine ·

Goeieste dis baie hoender, hy kon n hele township hoender gegee het. En dan se SPUR agv swak ekonomie kry hulle swaar? Eish, en dan moes hy seker nog geld spandeer aan nuwe groter klere. Niks het iets geword!

CHRISTA ·

Hy kon dalk ‘n hoenderplaas daarmee KOOP!! Wys jou – hulle KAN bekostig om LAND te koop en nie net ander af te jaag en te VAT nie!!

Scalla ·

En sy ondersteuners ly erg honger, voel niks, sorg vir hom en familie

ME ·

Hier is ‘n groot opvoedingstaak nodig. Duidelik moet mense geleer en gewys word watter verskil R1,7M aan een skool kan doen, dan is daar gemiddeld so 700 kinders wat voordeel daaruit trek vir ‘n klompie jare. Nou is dit net een gesin wat nie die waarde van geld verstaan of respekteer nie. Ek sou graag wou sien dat hy sy motor en of huis wat in elk geval met belastingbetaler geld bekom is moet verkoop om die geld terug te betaal.

Willie E ·

Shakespeare Inn is nou nie juis een van die top hotelle in vaaldriehoek nie, so ek wonder hoe kry hy sy rekening so hoog.
In sy dae as ‘n “Mr Nobody” het hy gedroom van die dag dat hy ook Kentucky kan eet,en ek moet se hy doen ‘n damn goeie “job” daarmee.

Salome ·

Come and look how the two towns look and you will see why there is no money. But money for all his luxury lifestyle…and at the public meeting he could not answer any of questions with a definite answer to when service delivery will take place.

Ouma ·

Gaan kyk hoe lyk die strate daar….. In die dorpe en woonbuurtes. Slaggat op slaggat! En hy vréét al die geld letterlik en figuurlik op wat daarvoor gebruik moes word. Laat hy elke sent terugbetaal en kry die dorpe reg soos dit was voor 1994. Die probleem is dat almal net weg kom met alles en so kom die groot verval.

Ripper ·

Hy laat sy eie mense in die steek. Wat is hulle kommentaar / optrede?
Geen toegevoegde waarde nie.
Optrede asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.