Die minister van openbare werke het bekend gemaak dat R175 miljoen spandeer gaan word om ministers en LP’s se ampswonings op te knap.
Minister Thulas Nxesi het in antwoord op ʼn parlementêre vraag bekend gemaak dat ongeveer R750 miljoen aan opknappingswerk en verbeteringe aan ampswonings, die parlementêre buurte, die parlement en ander bates in die departement se prestige-portefeulje bestee gaan word.
Die antwoorde is verskaf in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA-LP Dennis Ryder. Volgens Nxesi het sy departement in die 2019/20-boekjaar R175 miljoen toegeken om ampswonings en die parlementêre dorpies op te knap, R273 miljoen vir die parlement en R284 miljoen vir alle ander eiendomme in die prestige-portefeulje.
Daar is onder meer R65 miljoen toegeken om die bestaande paaie om die Brynterion-ministeriële landgoed in Pretoria op te knap en R29 miljoen vir die bou van ʼn “bevelsentrum”. ʼn Verdere R29 miljoen is toegeken vir die bou van twee hekke en ʼn honde-eenheid op die landgoed.
Nxesi het ook onthul dat R132 miljoen toegeken is vir “fasiliteitebestuur” vir die presidensie. ʼn Bedrag van R5,7 miljoen is toegeken om matte in die Uniegebou te vervang en R2,6 miljoen sal spandeer word om die hysbakke te vervang.
By die parlement is daar onder meer R3,7 miljoen toegeken vir ʼn onderhoudskontrak vir veiligheid- en toegangsbeheer sowel as R2,9 miljoen sodat daar ondersoek ingestel kan word na die verskaffing van bykomende bystand/noodkragtoevoer.
Daar is ook R50 miljoen opsygesit om die nasionale raad van provinsies se gebou op te knap.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
52 Kommentare
Die comrades en kaders kannie geld bestuur nie.
Morsig. Kan n paar ander huise bou vir mense wat nie het nie? Skande wat die stemmers nooit sal hoor op die belofte togte nie
5.7K vir flippen MATTE? Het ek reg verstaan? Matte?
Ek kan dit nie glo nie… terwyl jou mense honger lei. O gedorie waar. I`ve seen enough
Die brood word dik gebotter….
Wat van n paar rand vir die minister om kosmetiese chirurgie te ondergaan?