R1,8 miljard-saak in Maart aangehoor

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Die saak oor bedrog en korrupsie ter waarde van R1,8 miljard van Bosasa en die departement van korrektiewe dienste sal op 23 Maart 2022 aangehoor word. Die saak is van die gespesialiseerde misdaadhof in Pretoria na die hooggeregshof oorgeplaas.

“Die nasionale vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat (OD) sal tydens die volgende hofverskyning die mediese uitslag indien ná ʼn staatsaangestelde pulmonoloog Angelo Agrizzi ondersoek het,” sê Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat. “Dié uitslag sal bepaal of hy geskik is om verhoor te word.”

Die OD het toegegee dat Agrizzi se medebeskuldigdes se saak na die hooggeregshof oorgeplaas word – met of sonder Agrizzi. Die beskuldigde in die saak is die voormalige kommissaris van korrektiewe dienste Linda Mti, die voormalige finansiële hoof van die departement Patrick Gillingham, voormalige finansiële hoof van Bosasa Andries van Tonder en voormalige bedryfshoof van Bosasa Angelo Agrizzi.

Die saak hou verband met vier tenders wat tussen Augustus 2004 en 2007 aan Bosasa en sy filiale toegeken is. Die tender was vir spyseniering en opleidingsdienste, die installasie van kringtelevisiekameras, installasie van grensheinings en die verskaffing van ʼn televisiestelsel en moniteringstoerusting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JM ·

Is in der dagen sat van misdaad en leuens! Gaan dit ooit ophou?!

Shakespeare ·

Agrizzi. And now the end is near, and I face the final curtain…….Shame !!! I did it the ANC way…….

Pablo ·

Jy hoor net van en nie van die ander beskuldigdes nie. En wonder hoekom.

Jacobus ·

So word net die fluitjieblasers en klein vissies vervolg en die groot visse kom weg.

Johanna ·

n hele blik vol wurms. Hulle moet maar weer diep teruggaan na die verslae wat laaankal gedoen was maar nooit aandag gekry het nie

Deon ·

Daarsy, laat die wiele rol, kom ons kyk maar waarheen rol dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.