R180 miljoen om 260 000 te besny

stetoskoop-225x225Die departement van gesondheid in Mpumalanga het ʼn multimiljoenrand kontrak vir besnydenis opgeskort na afloop van ʼn ondersoek deur Corruption Watch.

Volgens die departement het hulle sowat twee maande terug ʼn wenk ontvang dat daar ongerymdhede was in die toeken van ʼn tender aan Mkhago Health Care Services, ʼn privaatmaatskappy in Mpumalanga. “Corruption Watch het die saak ondersoek en bevind dat die departement ʼn eenjaarkontrak aan die maatskappy toegestaan het om 260 000 seuns en mans in die provinsie te besny teen ʼn koste van R700 per besnydenis,” het die departement in ʼn verklaring gesê. “Indien al 260 000 besnydenisse sou plaasvind sou die kontrak meer as R180 miljoen werd gewees het. Volgens wet moet alle kontrakte van meer as R500 000 deur ʼn openbare en mededingende tenderproses toegeken word.” Corruption Watch het bevind dat die maatskappy ʼn sakevoorstel ingedien het en dat daar nie ʼn tenderproses vir die kontrak plaasgevind het, soos deur die wet vereis, nie. Ronnie Masilela, woordvoerder van die departement, het bevestig dat die kontrak opgeskort is hangende ʼn ondersoek. David Lewis, direkteur van Corruption Watch, sê die opskorting van die kontrak is ʼn oorwinning vir die anonieme fluitjieblaser wat die saak aangemeld het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

H J Bester ·

Waarom moet staats-(belastingbetalers)-gelde aangewend word vir hierdie besnydenis wat hoofsaaklik ‘n stam- kultuuraangeleentheid is. As ek as indiwidu dit wil laat doen by die geboorte van my seun, betaal ek self daarvoor.

As dit verband hou met die bekamping van MIV-Vigs, raak die prys baie hoog want daar word alreeds miljoene spandeer aan anti-retrovirale middels – in hierdie geval moet MIV-Vigs dan maar sy natuurlike gang gaan en lewens neem. Die sterkes en diegene moet goeie beginsels sal oorleef.

Na alles is MIV-Vigs hoofsaaklik die gevolg van buite-egtelike seksverkeer en verder ook ‘n immorele saak wat indruis teen die gewete en goeie beginsels.

Erich Goosen ·

Dis darem vrek baie geld om vir kosmetiese operasies te betaal!

Jasper ·

Dit word nou n geldmakery.
Een van die dae betaal die belastingbetaler vir die “Besnedenes” se B & B , Wasgoed, Klasgeld en Bok of Skaap wat geslag moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.